.

Fees het vleis om die lyf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dowwe DollaFoto: Argief
Dowwe DollaFoto: Argief

Is jy ’n karnivoorkoning? Kan jy, ten aanskoue van toeskouers, ’n 1 kg-biefstuk binne ’n bepaalde tyd eet?

Indien jy vir só ’n bielie van ’n biefstuk kans sien, is die Yonder Hartsfees in Kimberley die plek om te wees.

Die hoofverrigtinge vind op Vrydag 3 Desember en Saterdag 4 Desember plaas.

Saterdag van 12:00 tot 14:00 kry 20 deelnemers – wat hulle vooraf teen R100 ingeskryf het – elk ’n gebraaide 1 kg-biefstuk om voor toeskouers baas te raak.

Die hele biefstuk moet binne ’n bepaalde tyd geëet word. Covid-19-regulasies sal gevolg word.

Dié kruisskyf-snit van ’n hoë gehalte is deur Beefmaster geborg. ’n Beefmaster-koopbewys ter waarde van R1 000 word ook aan die wenner geskenk.

Afwagting vir die tweede Yonder Harts­fees is aan die opbou.

Benewens bekende kunstenaars soos Dowwe Dolla, Dr Victor en Tarryn Lamb wat optree, kry plaaslike kunstenaars ook ’n beurt op die verhoog.

Vermaak vir kinders, en stalletjies wat ’n verskeidenheid ware te koop aanbied, is deel van die fees. Verskeie kompetisies en sportgebeure vind ook plaas.

Talle verrigtinge is op die program:

  • Donderdag 2 Desember: ’n Kuieraand vind plaas. Piet Pompies en sy orkes sal vermaak verskaf. 
  • Vrydag 3 Desember: Dowwe Dolla: Nou of Nooit is Margit Meyer-Rödenbeck se laaste vertoning waarmee sy in die Vrystaat en Noord-Kaap toer as Dowwe Dolla. Sy tree om 18:00 op. Kaartjies kos R150. As jy voor 30 November bespreek, kom jy in aanmerking om twee kaartjies te wen.
  • Saterdag 4 Desember: ’n Kleur­wedloop oor 5 km en ’n bergfiets­wedren oor 7 km, 25 km en 50 km vind plaas. Inskrywings vir die skoonheidskompetisie, ook op dié dag, kan tot 1 Desember gedoen word en kos R100 elk.
  • Sondag 5 Desember: ’n Padfietswedren oor 50 km en 100 km vind plaas.

Al die bedrywighede vind op Yonder se Malupark-feesterrein op die Kenilworth-landgoed in Kimdustria plaas.

Kameeldoringbome op die terrein bied skaduwee, die grasperke beperk stof en ’n harde parkeeroppervlak is voorberei.

Toegangsgeld per dag is R50, maar laerskoolkinders betaal R30.

Skakel 053-110-0260 of stuur ’n e-pos na mail.yonder@gmail.com vir meer inligting.

  • Die fees word ten bate van die Yonder-opleidingsentrum vir volwassenes met intellektuele gestremdhede aangebied. NoordkaapBulletin, susterskoerant van Bloemnuus, is die gedruktemediaborg.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos