.
Deel

Memorium gou netjieser

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Grafte tussen hoë grasse en onkruid in die Memoriam-begraafplaas.Foto: Lientjie Mentz
Grafte tussen hoë grasse en onkruid in die Memoriam-begraafplaas.Foto: Lientjie Mentz

Deeglike opruiming van die Memorium-begraafplaas deur verskillende gemeenskaps­organisasies, besighede en lede van die publiek word vir Saterdag 15 April beplan.

Dié begraafplaas van 9 ha is heeltemal oorgroei nadat instandhouding daarvoor deur die Mangaung-metro jare lank nie gedoen kon word nie, weens verskillende uitdagings.

Dit skep ’n groot veiligheidrisiko vir besoekers wat geliefdes se grafte besoek.

’n Groep belanghebbendes het Vrydag (24/02) ’n opvolgvergadering ter plaatse gehou, waarop ook verteenwoordigers van die Mangaung-metro teenwoordig was.

DA-raadslid Dirk Kotzé, in wie se wyk dié begraafplaas val, sê alles moet gedoen word om die omgewing vir vrywilligers veilig te maak voordat die groot opruiming begin.

Hy sê dit is wonderlik dat soveel woonbuurtverenigings reeds aangedui het dat hulle betrokke wil raak.

“Ons wil soveel as moontlik organisasies en individue betrokke kry om die begraafplaas toeganklik te maak vir mense wat geliefdes se grafte hier wil kom besoek.”

Hy sê die bedrywighede gaan deeglik beplan word en almal gaan in groepe ingedeel word om spesifieke dele van die begraafplaas netjies te maak.

Die Mangaung-metro se parke-afdeling gaan die gras op die sypaadjies, verkeers­eilande en ander groot gedeeltes vooraf met ’n trekker-grassnyer sny. Organisasies wat by die opruiming betrokke is, sal toegelaat word om bemarkings­materiaal op die verkeerseiland in Memoriumweg te vertoon.

Individuele grafte sal nie op dié dag netjies gemaak word nie. Die fokus sal eerder daarop wees om toegangsroetes te skep en groot dele van die ouer deel van die begraafplaas toegankliker te maak.

Kwessies wat probleme mag skep, soos bye en die groot stroom riool in die begraafplaas, sal ook vooraf aangepak word.

Kotzé sê hy was met Wallace McLeod, waarnemende departementshoof van ingenieurswese, in gesprek oor die rioolprobleem wat al lank hier ondervind word.

Optrede word reeds beplan deur takke van AfriForum, in same­werking met die polisie, om voor die opruimingsdag hawelose mense en oortreders uit die begraafplaas te verwyder.

Veiligheidsmaatskappye sal die dag met die opruiming teenwoordig wees.

Die metro sal vullissakke en handskoene beskikbaar stel waarin vullis geplaas kan word.

Die opvolgvergadering vir organisasies en besighede wat by die opruiming betrokke wil raak, is Vrydag (03/03) om 10:00 by die NG kerk Onze Rust.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Ghana (w) 0/0
Sierra Leone (w) 0
Rand - Dollar
18.19
+0.7%
Rand - Pond
22.40
+0.4%
Rand - Euro
19.72
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.16
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
968.75
+0.1%
Palladium
1,417.93
+0.8%
Goud
1,963.90
+0.4%
Silwer
23.09
+0.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,328
+0.8%
Alle aandele
75,928
+0.9%
Hulpbronne 10
66,113
+1.8%
Industriële 25
102,237
+0.1%
Finansiële 15
15,650
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos