.
Deel

Menseredders beïndruk

akkreditasie
Die groep swemmers is van links, voor: Len-Douglas Mac Kay, Cayla Visser, Chantel Smith (afrigter) en Jana Swanepoel; agter: Carina van der Merwe, Kaylin Visser, Kayla van Niekerk, Derick Kotze, Kaeli Armour, Bernard Mac Kay en Liam Nieuwoudt. Foto: Verskaf
Die groep swemmers is van links, voor: Len-Douglas Mac Kay, Cayla Visser, Chantel Smith (afrigter) en Jana Swanepoel; agter: Carina van der Merwe, Kaylin Visser, Kayla van Niekerk, Derick Kotze, Kaeli Armour, Bernard Mac Kay en Liam Nieuwoudt. Foto: Verskaf

Die Bloemfontein-menseredders het op 18 Februarie aan die Vaaldam-oopwater nasionale kampioenskapsbyeenkoms deelgeneem.

Die weersomstandighede was koud en ellendig, maar Bloemfontein se menseredders het reën en wind trotseer en goeie uitslae behaal.

Met 11 menseredders wat meegeding het, het Bloemfontein die trofee vir beste juniors gewen – algeheel derde uit agt klubs.

Derick Kotze (14) van die Hoërskool Sentraal het vyf medaljes ontvang en die afdeling vir seuns o.15 gewen. Len-Douglas Mac Kay (18) het aan die o.19- en senior byeenkoms deelgeneem en altesaam tien medaljes verower. Hy is as wenner in die afdeling vir seuns o.19 aangewys en was algeheel tweede as senior deelnemer.

Kaeli Armour (16) van die Eunice High School het vyf medaljes gewen en was tweede in die o.17-afdeling. Liam Nieuwoudt (15) van Grey-kollege (sekondêr) het drie medaljes ontvang en was derde in die afdeling vir seuns o.16.

Dié atlete het ook medaljes ontvang: Cayla Visser (16, Sentraal, 4 medaljes), Kaylin Visser (16, Sentraal, 1 medalje), Kayla van Niekerk (14, Sentraal, 1 medalje) en Jana Swanepoel (12, Meisieskool Oranje, 1 medalje).

  • Die volgende kompetisie is die Swembad en see- nasionale kampioenskapsbyeenkoms in Gqeberha, van 30 Maart tot 5 April.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 0
West Indies 164/8
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
966.47
-0.1%
Palladium
1,419.52
+1.0%
Goud
1,968.85
+0.6%
Silwer
23.27
+0.8%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+1.0%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.4%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos