.

Op reis na president se geboorteplek

akkreditasie

Skaars ’n kilometer suid van Winburg swenk ’n pad suidwaarts uit die N1 na die Voortrekkermonument en die plaas Rietfontein.

Hier staan ’n eenvoudige, langwerpige kliphuisie waarin Marthinus Theunis Steyn, latere president van die ou Republiek van die Oranje-Vrystaat, op 2 Oktober 1857 gebore is.

Sy pa, Marthinus Steyn, het op die plaas Josephinesdal in die distrik Winburg geboer. Met die dood van sy pa moes hy na Swellendam verhuis.

Hy het om veiligheidshalwe sy swanger vrou na sy swaer Theunis Cornelius Wessels van die plaas Rietfontein geneem.

“Dit was ’n onrustige tyd,” skryf Karel Schoeman in Boukunsskatte van die Vrystaat.

“Die Eerste Sotho-Boereoorlog het die volgende jaar uitgebreek en Winburg was slegs ’n gehuggie baie naby aan die grens van Moshweshwe se gebied.”

En só is die toekomstige president toe in die huisie van sy oom gebore.

Terloops, M.T. Steyn was een van 11 kinders waarvan agt oorleef het.

Benewens sy geskiedkundige waarde is dié huisie ook van argitektoniese belang.

Dit neem ’n belangrike plek in die ontwikkeling van ons volksargitektuur in, skryf J.J. Oberholster in Die Historiese Monumente van Suid-Afrika.

In die pioniersjare van die Vrystaat is daar gewoonlik met kleistene gebou, maar soms is klip ingespan. Dit was tydrowend, maar meer duursaam.

Dit is dan ook ’n rede waarom die woonhuis op Rietfontein ná al die jare behoue gebly het.

“By die oprigting (van die huis) het die boer van die materiaal wat byderhand was, gebruik gemaak. Uit die nabygeleë rantjie het hy die klip vir die buitemure gehaal, uit die leegte die rooigrond vir die rou bakstene vir die binnemure, en uit die vlei die klei vir die vloere en die brandsolder, asook die riet vir die dak.”

By die deurdrumpels en voor die kaggels waar die kleivloer maklik kon uittrap, is perskepitte gelê.

Steyn se geboortehuis is in ’n slaapkamer, voorhuis en ’n kombuis verdeel. ’n Stal en kraal is later aangebou.

Die huis is in 1952 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

  • In 1978 het die provinsiale museumdiens dit met groot sorg gerestoureer om ’n goeie idee van die woonkultuur van die vroeë Vrystaatse Republiek te gee. Die stal en kraal is verwyder, terwyl ’n bakoond aangebou is. Sowat 100 m van dié opstal rus diegene wat eens die werf bewandel het in die plaaskerkhof. ’n Reisbylaag verskyn Donderdag 23 Maart in Bloemnuus.

Moet dit nie misloop nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.76
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos