.

Opgang bly verras

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
fiets
Madelaine le Roux mik vir 'n goeie plek in die naweek se 94.7-fietswedren in Johannesburg.

Net ’n jaar nadat Madelaine le Roux van deelname aan driekamp na fietsry oorgegaan het, hou dié skuif groot belofte vir die Bloemfonteiner in.

Le Roux het die afgelope twee maande vier wedrenne gewen en haar visier is nou ingestel op Sondag (21/11) se 94.7-wedren in Johannesburg.

Dié oudleerling van die Hoërskool Sentraal voltooi nou haar finale jaar as onderwys­student aan Kovsies. Sy ry vir Cycle­Nation in Johannesburg.

Le Roux het die Blue Diamond Classic op 18 September by Cullinan, die Sleepy River Classic in Magaliesberg op 23 Oktober, die Smurfy 500 in Pretoria op 6 November, asook die Tswane Classic op 7 November, gewen.

“My mikpunt was om in dié wedlope onder die topdrie te wees,” sê sy.

“Ek wou soveel moontlik wedrenervaring opdoen omdat ek soort van nuut is in fietsrykringe.”

Le Roux het haar verwagtinge oortref en het ander vroue-fietsryers rede tot kommer gegee. In die Sleepy River Classic het sy vir ’n spanmaat gewag en hulle het saamgewerk om van die groep weg te breek.

“Aangesien ek vir my spanmaat gewag het, het die span besluit ek moet daardie sege ook vat. Dit was ’n warm, winderige dag, maar steeds ’n goeie dag om span-taktiek te oefen.”

In die Smurfy 500 het Le Roux te staan gekom teen Cherise Willeit, ’n groot naam in fietsrykringe. Die wedren het bestaan uit ’n baan wat deelnemers drie keer voltooi vir die afstand van 135 km.

“Ek het ’n paar keer probeer wegbreek van Cherise, maar sy kon elke keer vasbyt. Ek het met so 400 m oor begin om alles in te sit, maar Cherise het by my verbygekom – dis toe dat ek gedink het, ai, sy het dit. Maar, op een of ander manier het ek ’n hoër rat gevind en verby haar gekom en gewen. Nie baie mense kan sê dat hulle Cherise op ’n finale naelrit geklop het nie, so ek is trots daarop.”

Le Roux sê die afgelope vier wedrenne het haar gewys dat sy in fietsry kan presteer, en sy sien uit na Sondag se resies.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 196/1
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 263/6
England 147/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.74
-0.2%
Rand - Pond
20.78
-0.3%
Rand - Euro
17.82
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,785.94
+0.2%
Silwer
22.46
+0.2%
Palladium
1,863.00
+0.3%
Platinum
960.00
-0.1%
Brent-ruolie
75.82
+0.5%
Top-40
65,993
0.0%
Alle aandele
72,404
0.0%
Hulpbronne 10
68,624
0.0%
Industriële 25
95,800
0.0%
Finansiële 15
14,289
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos