.

Oplossings nommerpas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Private Wealth Management se Bloemfontein-kantoor is Vrydag (10/09) amptelik in Westdene geopen. Van links is Chrisna van Zyl, Elmie Fouché, Charl Roos en Nam Mbele. Afwesig: Elsabé Barnard.Foto’s: Lientjie Mentz

Kliënte kan ’n rits nuwe dienste by Private Wealth Management (PWM) se Bloemfontein-kantoor verwag.

Charl Roos en sy span het Vrydag (10/09) meer as 120 kliënte by die opening van PWM se kantoor in Office Park 10 verwelkom. Dit is op die hoek van Derdelaan en President Reitzstraat in Westdene geleë.

Lizelle Kleynhans van die Mervyn Joel Smith-prokureurs saam met Egbert Ras, Monique Smal en Jaco van Greunen van Old Mutual Wealth.

Roos was 12 jaar lank in diens van Old Mutual se persoonlike finansiële advies-afdeling as bestuurder en adviseur.

PWM, ’n filiaal van Old Mutual Wealth, is op 1 Maart 2020 as onafhanklike finansiële adviesonderneming geregistreer.

“Dit beteken dat ons vir kliënte ’n meer omvattende diens kan lewer en toegang tot ’n verskeidenheid produkverskaffers het,” sê Roos.

“Ons bied nie slegs oplossings van Old Mutual nie, maar kan ook produkte van ander maatskappye bied.

“Elke kliënt het spesifieke behoeftes. PWM kan vir elkeen ’n unieke oplossing bied met die produkte wat nou beskikbaar is.”

Kliënte is Vrydag op PWM se nuwe perseel verwelkom. Van links is Annabé le Roux, Margueriet Botha, Miriam Bezuidenhout en Emmarentia Taylor, almal van Bloemcare.

Omdat PWM onder die sambreel van Old Mutual ’n beplanningsdiens lewer, word die advies ook deur hulle gerugsteun.

Die personeel wat sedert begin September saam met Roos deel van PWM vorm, is Chrisna van Zyl (kantoorbestuurder bemoeid met administrasie en beleggings), Elmie Fouché (bemoeid met groepsvoordele en afsprake), Elsabé Barnard (korttermynversekeringskonsultant) en Nam Mbele (ontvangs en junior korttermynversekeringskonsultant).

“Ons is opgewonde om kliënte hier by PWM te ontvang en met hulle te gesels oor hoe ons vir hulle persoonlike oplossings kan bied.”

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 64/2
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 56/4
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.90
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,778.67
+0.6%
Silwer
23.90
+1.1%
Palladium
2,088.00
-0.7%
Platinum
1,044.50
+0.2%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.4%
Hulpbronne 10
62,801
-1.5%
Industriële 25
85,132
+0.4%
Finansiële 15
14,131
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos