.

Tuin se potensiaal ontgin

akkreditasie
Dié lede van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika (BotSoc) se Vrystaat-tak het op Saterdag 13 November in die Adelaide Tambo-biblioteek se tuin gewerk. Van links is Johan Najoe (taksekretaris), Ronel Jacobs (hoofbibliotekaris); Steph Potgieter, Morne Maree, Cornelis Potgieter en Pat en Gordon Bauer. Foto: Deon Potgieter
Dié lede van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika (BotSoc) se Vrystaat-tak het op Saterdag 13 November in die Adelaide Tambo-biblioteek se tuin gewerk. Van links is Johan Najoe (taksekretaris), Ronel Jacobs (hoofbibliotekaris); Steph Potgieter, Morne Maree, Cornelis Potgieter en Pat en Gordon Bauer. Foto: Deon Potgieter

Lede van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika (BotSoc) se Vrystaat-tak het die tuine van die Adelaide Tambo-biblioteek in die middestad “aangeneem”.

Volgens Deon Potgieter, voorsitter van die tak, is toestemming van die Mangaung-metro verkry om Wardenplein, waarop dié biblioteek gebou is, aan te neem.

“Ons idee is om die tuin met inheemse plante te vul; plante wat min water en instandhouding verg. Ons het reeds die bedding al langs die heining met geharde plante gevul,” het hy op Saterdag 13 November gesê.

Hy en ’n paar vrywilligers was hard aan die skoffel en plant.

“Ons wil vetplante in die beddings vestig. In die potplante het ons gousblomme, Ledebouria petiolata en Coleus neochilus geplant.”

Hy sê die tuin gee hulle ’n wonderlike geleentheid om mense meer bewus te maak van die potensiaal en gebruike van inheemse plante.

Hy moedig mense aan om plante vir dié tuin te skenk.

“Ons wil graag ook plaveisel om die groot bome in die tuin lê en bankies daar plaas waar besoekers kan ontspan. Daarvoor benodig ons borge.”

Ronel Jacobs, hoofbibliotekaris van Bloemfontein se biblioteke, sê sy is opgewonde oor die projek.

“Hierdie tuin met sy pragtige groot bome het soveel potensiaal. Soveel onthou die pragtige ou tuine wat vroeër hier was.”

Jacobs sê as die tuin eers gevestig is, sal hulle die hek in Henrystraat vir gaste oopmaak sodat hulle die biblioteek se geriewe en die tuine kan geniet.

’n Veiligheidswag sal daarheen verskuif word.

  • Mense wat skenkings wil doen, kan Potgieter by 083-599-7145 bel.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos