.

Kollig op moedertaalonderrig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Internasionale Moedertaaldag is Maandag (21/02) gevier.
Internasionale Moedertaaldag is Maandag (21/02) gevier.
Unsplash
Internasionale moedertaalonderrig is Maandag (21/02) gevier om weer die fokus te plaas op die belangrikheid van moedertaal.
Die voordele van moedertaalonderrig kan slegs ontsluit word indien kinders gehalte-onderrig in hul moedertaal ontvang.
So sê dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
“Daar is steeds te veel skole in Suid-Afrika wat wanpresteer. Vir baie ouers weeg die gehalte van die onderrig swaarder as die feit dat hul kinders in hul moedertaal onderrig word.
“Dit is hoekom ouers dikwels nie hul kinders in die skole naaste aan hulle plaas nie – hulle weeg afstand, bykomende koste en dikwels onderrig in die kind se tweede taal op teen swak onderrig in die kind se moedertaal in ’n skool naby aan hul tuiste.”
Internasionale Moedertaaldag word al vir byna 20 jaar gevier en die doel is die bevordering van meertaligheid en die belangrikheid van moedertaal-onderrig. Vanjaar val die fokus op die rol van tegnologie om moedertaal-onderrig en meertaligheid te bevorder.
Deacon sê nog ’n uitdaging vir volhoubare moedertaal-onderrig in Suid-Afrika is te min skole.
“Daar is eenvoudig nie genoeg skole om gehalte-moedertaalonderrig in al elf tale ’n werklikheid te maak nie. Die uitdaging vir die Nasionale Departement van Basiese Onderrig en die provinsiale onderwysdepartemente is dus om skole te bou en bestaande skole behoorlik te befonds.”
Deacon sê egter die uitdaging van moedertaalonderrig van gehalte is nie net een vir die staat nie.
“Elke rolspeler betrokke by onderwys moet hul kant bring om toe te sien dat wanpresterende skole behoorlik begin funksioneer. As ons al net die bestaande skole almal op dieselfde vlak kan kry, sal dit ? geweldige hupstoot wees vir veral kinders se vroeë onderrig. Gehalte-onderrig in hul moedertaal op laerskool sal weer bydra tot beter prestasie op hoërskool, beter matriekuitslae en meer leerlinge wat hul skoolloopbane voltooi.”
Volgens die Verenigde Nasies is taaldiversiteit en meertaligheid noodsaaklik vir volhoubare ontwikkeling. “Ons 11 amptelike tale is ’n groot bate vir Suid-Afrika, met die meeste mense wat minstens twee tale magtig is. Dit is ? bron van menslike kapitaal wat hoegenaamd nie na behore ontgin word nie. Meertaligheid dra byvoorbeeld by tot kreatiewe denke, wat weer die basis vorm vir unieke oplossings vir probleme.”
Terwyl gehalte-moedertaalonderrig in veral laerskole ’n belangrike doelwit bly, moedig Fedsas skoolgemeenskappe ook aan om vanjaar te dink aan maniere om die voordele van meertaligheid te ontgin om onderrig te bevorder.
besig om te laai... Regstreeks
Argentina 26
Scotland 18
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 0
Bangladesh 97/7
besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos