Die luukse aftreeontwikkeling Val de Vie Evergreen word nie net beskou as die veiligste aftreeverblyf op eie bodem nie, maar spog nou ook met die titel as die beste ontspanningsontwikkeling ter wêreld.
Dié ontwikkeling, geleë binne die suksesvolle lewenstyllandgoed Val de Vie in die Paarl-Franschhoekvallei, het die eerbewys onlangs op die 2021-oorhandiging van die International Property Awards verwerf.
Val de Vie Evergreen is vir kopers 60 jaar en ouer en is ’n vennootskap tussen Val de Vie en die Amdec-groep se afdeling Evergreen Lifestyle Retirement.