Wêreld-sider-uitdaging: Pa-dogter-span lewer wenner

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die sagtevrugteboerdery en siderprodusent Loxtonia, in die Ceresvallei, het in Julie met die louere weggestap as die algehele wêreldkampioen by die internasionale sider-uitdaging (ICC) vir hul Méthode Traditionelle-sider. Aan die hoof van hierdie onderneming staan die vrugteboer Larry Whitfield, Loxtonia-stigter en sidermeester, en sy dogter Ali, bemarkingshoof vir Loxtonia Cider. Samantha van den Berg het Ali meer hieroor uitgevra. 

Larry en Ali Whitfield, die pa-en-dogter-duo agter Loxtonia Cider in die Ceresvallei. Foto: Verskaf

1. Die Loxtonia-plaas is nou vir twee generasies in die Whitfield-familie. Wat beteken dit vir jou om deel van so ’n familieboerdery te wees, en hoe belangrik is familie-erfenis met betrekking tot jul landbou-onderneming?

Dit is werklik so ’n groot eer om deel van ’n familieboerdery te wees.

Ons familiewaardes is eerlikheid, verbintenis en volhoubaarheid, en dit is ook die kernwaardes van die Loxtonia-plaas sowel as ons sideronderneming.

Die wyse waarop ons ons boerdery en die produksie van ons natuurlike siders benader, getuig van ons familie se verbintenis tot produkte wat nie net van hoë gehalte is nie, maar ook vriendelik teenoor die omgewing.

Daarbenewens is ons ook trots op Loxtonia se familie-erfenis en ons is deurentyd bewus van die voorreg en ons verantwoordelikheid om produkte te produseer wat lekker proe en omgewingsvriendelik is.

2. Gee vir ons ’n oorsig van jul boerdery:

Ons verbou appels, pere en pruime op Loxtonia en ons het altesaam 20 verskillende kultivars in produksie. Dít sluit in vyf verskillende appelkultivars, vier peerkultivars en 11 pruimkultivars.

Altesaam 75% van al ons vrugte word aan die uitvoermark gelewer, terwyl 20% aan die plaaslike mark verkoop word. Sowat 5% daarvan word versap en 5% word vir ons siderproduksie gebruik.

Daar word appels, pere en pruime op Loxtonia verbou en die boerdery het altesaam 20 verskillende kultivars in produksie. Foto: Verskaf

3. Op watter kernwaardes of pilare sou jy sê is die Loxtonia-boerdery geskoei?

Familie, eerlikheid, volhoubaarheid en gehalte.

4. Hoe het siderproduksie deel van die Loxtonia-boerdery geword en hoe het julle die markreaksie sedertdien ervaar?

Loxtonia Cider het deel van ons boerdery geword as ’n waardetoevoeging tot ons vrugteproduksie. Die markreaksie was sedertdien uiters positief, maar ons is stadig maar seker nog besig om die onderneming te laat groei ná die baie uitdagende drankverbod wat ’n groot uitwerking op ons en ander in die bedryf gehad het.

Ons kry toenemend meer traksie in die mark en ons hoop net dat daar nie nog ’n drankverbod gaan wees. Ons het groot hoop vir ons sider.

5. Is dit vir julle moontlik om ’n holistiese balans tussen jul vrugteboerdery en sideronderneming te skep? Indien wel, hoe?

Ja, beslis. Ons primêre besigheid is ons sagtevrugteboerdery en die siderkomponent is ’n waardetoevoeging. Albei van hierdie komponente komplementeer mekaar en daar is beslis ’n holistiese balans tussen die twee ondernemings.

Die siderproduksie is ook ’n passieprojek en ons glo werklik dat daar ’n gaping in die mark is vir ons “boord-tot-bottel”-sider.

Die Loxtonia-plaas is in die Ceresvallei geleë en is al twee generasies in die Whitfield-familie. Sagtevrugteverbouing word al vir meer as 30 jaar hier beoefen, met siderproduksie as die jongste toevoeging. Foto: Verskaf

6. Hoe sou jy die mark vir sider op eie bodem beskryf en wat is die jongste neigings?

Suid-Afrika is een van die grootste siderdrinkende markte in die wêreld – wat opsigself baie van die mark sê.

Nieteenstaande voel ons dat daar steeds baie opvoedingswerk is. Daarom streef ons daarna om die storie te vertel van hoe ons sider maak, wat ons ambisies is en hoe ons onsself in die mark posisioneer.

Ons probeer altyd ons bes om innoverend en leiers in die bedryf vir siderproduksie te wees.

7. Geluk met jul titel as die algehele kampioen by die internasionale sider-uitdaging. Wat beteken die prys vir jou persoonlik, sowel as die plaaslike bedryf?

Hierdie prestasie beteken só baie vir ons aangesien my pa, Larry, soveel liefde, sorg, presisie en fyn beplanning ingesit het om ’n produk te vervaardig wat net wonderlik smaak.

Dit simboliseer feestelikheid, familie en goeie tye. As ’n familie saam het ons nog altyd ’n bottel vonkelwyn oopgemaak om belangrike geleenthede te vier.

Daarbenewens glo ek ook dat hierdie prys ’n groot prestasie vir die Suid-Afrikaanse drankbedryf is – veral ná die verbiedinge op drankverkope.

8. ’n Gesonde leefstyl het só belangrik geword en daar word baie gefokus op kosse met lae kalorieë en nie-alkoholiese produkte. Dit blyk ook aan die kern van jul sideronderneming te wees. Was dit ’n natuurlike besluit?

Ja, dit was ’n baie natuurlike besluit om hierdie roete te volg aangesien van “boord tot bottel” ons kernoortuiging is.

Ons wou ’n produk in die mark hê wat van regte appels geproduseer is, natuurlik is en geen slegte bymiddels bevat nie.

Mense kyk deesdae met ’n fyn oog na wat by kos en drinkgoed ingaan wat hulle verbruik, en ons wil heeltemal eerlik en deursigtig met ons prosesse en produkte wees.

Charlene Adams in Loxtonia se pakstoor. Die boerdery se werkerskorps bestaan uit altesaam 250 mense vanuit meer as 25 gesinne wat almal op die plaas woon. Foto: Verskaf

9. Hoe belangrik is volhoubaarheid in jul boerdery en hoe prioritiseer julle dit?

Ons is uiters omgewingsbewus in alles wat ons doen.

Ons maak gebruik van verantwoordelike boerderypraktyke, gebruik sonkrag, pas herwinning toe, doen bybestuiwing op die plaas, maak van ’n waterdoeltreffende persmasjien gebruik én gebruik appelpulp vir bemesting.

10. Wat maak jou opgewonde van die landboubedryf en wat bekommer jou?

Landbou is uiters uitdagend op die oomblik aangesien dit van die natuur afhanklik is.

Kwessies soos klimaatsverandering en die wisselvallige rentekoerse maak dit ’n baie moeilike bedryf.

Ondanks al hierdie uitdagings, bly ons steeds baie passievol oor boer.

11. Enige toekomsplanne of uitbreidings vir Loxtonia wat beplan word?

Ons plaas nou groot klem op ons swart ekonomiese bemagtigingsprojek waardeur ons tien landbouwerkers bemagtig het deur hulle 100%-aandeelhouers van ’n plaas te maak wat ons langsaan die Loxtonia-plaas gekoop het, genaamd Dwarsberg.

Ons fokus nou op aanplantings en het reeds 30 hektaar appels, pere en pruime gevestig.

12. Wat beteken dit vir julle om as pa en dogter saam te werk?

Dit beteken regtig alles vir ons. Ons kom uit ’n uiters hegte gesin en dit is ’n eer en ’n voorreg om sy aan sy met my pa te werk.

My pa is my rolmodel en inspireer my daagliks. Ek voel vreeslik bevoorreg om saam met hom te kan werk.

Sider uit Ceres is koning!

Loxtonia Cider is in Julie as die algehele kampioen by die internasionale sider-uitdaging (ICC) aangewys vir hul ligpienk Méthode Traditionelle-sider, die produsent se eerste bottel gefermenteerde sider.

Hulle het die rosé-trofee by hierdie kompetisie in Londen ontvang, en is ook toe as die “Supreme Champion” aangewys – die hoogste eerbewys.

Daar was 150 inskrywings van 18 lande by die ICC vanjaar, en die Loxtonia-plaas se Méthode Traditionelle-sider was die enigste pryswenner vanuit Suid-Afrika.

Die Whitfield-familie maak sedert 2013 ’n reeks siders op hul plaas in die Ceresvallei en gebruik die appels wat hulle self op die plaas verbou daarvoor.

Die idee vir ’n Méthode Traditionelle-sider in ’n vonkelwynbotttel kom van Larry Whitfield, stigter en hoof-sidermaker. Hy het die geheime projek aangepak vir sy dogter, Ali, se troue. 

GEBORG: Loxtonia se vennote

Oorweeg gerus die volgende insetverskaffers: 

Vox Elektries, betroubare elektriese kontrakteurs in Ceres in die Witzenbergvallei. 

Exceed, jou betroubare vennoot vir alles van finansiële advies en ouditkunde tot nakoming, werwing en menslike hulpbronne. 

Joubert van Vuuren Ing. is ‘n prokureurspraktyk in Ceres wat daarna streef om innoverende regsadvies en sake-oplossings aan ons kliënte oor die land heen te verskaf. Joubert van Vuuren is die regsadviseurs van die PALS-inisiatief – ‘n toonaangewende grondhervorming- en landbou-ontwikkelingsinisiatief deur die privaatsektor in samewerking met die regering. Lees meer by www.jvanvuuren.co.za en www.sapals.co.za

Ammonia Refrigeration Engineering, ‘n spesialis-diensverskaffer en kontrakteur vir ammoniak-verkoeling.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.76
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos