.

Boek trek lesers midde-in die geweld

akkreditasie

Martin Steyn van Somerset-Wes, het so pas sy jongste boek, Swartval, bekendgestel.

Dié 40-jarige het op 15-jarige ouderdom die verskeie wêrelde en karakters in Stephen King se boeke leer ken en dit magic gevind.

“Ek wou ook wêrelde en karakters skep en het my eerste kortverhaal in standerd 9 (gr. 11) geskryf – ek was dadelik verlief daarop.

“Ten spyte daarvan dat die produk van twyfelagtige gehalte was,” voeg hy by.

Swartval is Steyn se derde boek. Sy vorige boeke, Donker spoor en Skuldig handel min of meer oor dieselfde onderwerp: geweld teen vroue.

“Dis iets wat my pla. Of dit nou fisiek, seksueel of emosioneel is.”

Die verskil in Steyn se derde boek is dat dit uit die slagoffer se perspektief geskryf is, terwyl Donker spoor en Skuldig uit die perspektief van ’n polisieman geskryf is.

“Dit maak die geweld baie meer persoonlik, want die leser ervaar saam met die slagoffer die geweld. Ek wou ook oor die innerlike krag van vroue skryf; dis iets wat ek gereeld in boeke oor ware misdaad teëgekom het.”

In 2015 het hy ’n ATKV-veertjie vir sy eerste boek gewen.

Donker spoor het ’n lang pad gekom. Dit is vele kere herskryf en herstruktureer voordat dit uiteindelik deur LAPA-uitgewers aanvaar is. Dit was ’n wonderlike hoogtepunt nadat my droom om ’n gepubliseerde skrywer te wees, waar geword het.”

Behalwe dat hy dit geniet om sy boeke te skryf, “want dit voel nie soos werk nie” geniet Steyn dit ook om saam met vriende te kuier, wynplase te besoek en na musiek te luister. Hy geniet dit ook om te teken en, natuurlik, om boekbekendstellings by te woon.

’n Gedeelte van die opbrengs van die verkope van Swartval word aan Rape Crisis Helderberg, ’n niewinsgewende organisasie wat hulp bied aan slagoffers van verkragting en seksuele mishandeling.

Gevra of hy al ’n idee vir sy volgende boek het, sê hy: “Daar is al ’n idee en ek brand om te begin skryf. Ek is besig met die vooraf-navorsing.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.69
-0.6%
Rand - Pond
20.17
-0.3%
Rand - Euro
17.01
-0.3%
Rand - Aus dollar
10.87
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.35
-0.2%
Silwer
23.24
-0.3%
Palladium
2,076.50
+0.1%
Platinum
1,060.00
+0.1%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
0.0%
Alle aandele
67,029
0.0%
Hulpbronne 10
64,347
0.0%
Industriële 25
84,819
0.0%
Finansiële 15
13,961
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos