.
Deel

Inskrywings vir ‘Dorp van die Jaar’ nou oop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kwêla se aanbieder, Hannes van Wyk, Maryke Hayward (bemarkingshoof van Lottoland) en Waldimar Pelser (M-Net se direkteur van premiumkanale).
Kwêla se aanbieder, Hannes van Wyk, Maryke Hayward (bemarkingshoof van Lottoland) en Waldimar Pelser (M-Net se direkteur van premiumkanale).

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Benoem nou jou gunsteling dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Dis tyd vir kykNET se Kwêla- Dorp van die jaar-kompetisie, wat vanjaar in samewerking met Lottoland aangebied word, wat R1 miljoen aan die wendorp gaan skenk. Dié geld sal vir ’n spesifieke projek wat die dorp sal verbeter, gebruik word, en alles sal geoudit word. Kwêla sal ook weer besoek gaan aflê om vir kykers te wys wat met die prysgeld uitgerig is.

Die wendorp kry ook ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n advertensie van 45 sekondes oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

’n Groot opskop sal ook in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later vanjaar uitgesaai word.

Wie kwalifiseer?

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit: . minder as 500 000 inwoners het,. nie die afgelope twee jaar ’n streekwenner was nie (streekwenners in 2021 was Greyton, Upington, Senekal, Koster, Wakkerstroom, St. Lucia, St. Francisbaai, Hoedspruit en Gochas en in 2022 was die streekwenners Kroonstad, Montagu, Calvinia, Glencoe, Haenertsburg, Keetmanshoop, Cullinan, Graaff-Reinet en Pelgrimsrus), . vorige wendorpe mag vir ses jaar nadat hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (dié dorpe is Mosselbaai – 2017, Jeffreysbaai - 2018, Swakopmund – 2019, Kareedouw – 2020, Greyton – 2021 en Kroonstad 2022).

Hoe werk dit?

Benoem jou gunstelingdorp uit enige streek deur die dorpsnaam per SMS na 33157 te stuur (SMS’e kos R1,50).

Inskrywings het om 18:00 Sondag (5 Maart) geopen en sluit Vrydag (17 Maart) om 12:00 die middag.

Jy kan soveel dorpe benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel SMS’e stuur as wat jy wil in hierdie benoemingsronde).

Finaliste sal uit nege streke gekies word: Gauteng en Noordwes saam, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Namibië. Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings na die halfeindronde (op 15 April, 23 April en 30 April) deurdring. Hier kry die publiek ’n week lank met elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunstelingdorp uit die drie semifinaliste uit elke streek te stem. Dié ronde laat net 30 SMS’e per foonnommer toe.

Die dorp met die meeste stemme sal die kompetisiestreek as hul finalisdorp in die eindronde verteenwoordig.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpe wat die eindronde gehaal het, verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 Sondag 16 Julie tot 12:00 Vrydagmiddag 21 Julie vir die wendorp kan stem.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die jaar aangewys en sal Sondag 30 Julie op Kwêla aangekondig word.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Cameroon (w) 58/10
Nigeria (w) 60/3
Rand - Dollar
18.23
+0.4%
Rand - Pond
22.44
+0.2%
Rand - Euro
19.74
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.17
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
963.47
-0.4%
Palladium
1,407.52
+0.1%
Goud
1,955.93
-0.0%
Silwer
23.00
-0.4%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,564
+1.1%
Alle aandele
76,140
+1.1%
Hulpbronne 10
66,284
+2.1%
Industriële 25
102,747
+0.5%
Finansiële 15
15,643
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos