.

Bekende oorlede

akkreditasie
Wyle Oom Japie CoetseeFoto:
Wyle Oom Japie CoetseeFoto:

’n Bekende inwoner van Stellenbosch, Japie Coetsee, alombekend as Oom Japie, is op 23 Oktober in die ouderdom van 98 oorlede.

Coetsee was mederedakteur van die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal), skrywer van talle artikels oor Afrikaans en die kultuurgeskiedenis van Stellenbosch.

Hy was ’n stigters- en bestuurslid van die Stellenbosse Heemkring, bestuurslid van die Vriende van Afrikaans, bestuurslid en sekretaris van die Stellenbosse Belastingbetalers­vereniging, lid van die Simon van der Stel-stigting en gekostumeerde deelnemer aan die jaarlikse Van der Stel-fees.

Coetsee was ook ’n stigterslid van die Stellenbosse Voetslaanklub en geesdriftige bergklimmer, natuurliefhebber en fotograaf.

Hy was navorser-argivaris en huiskomiteelid van Azaleahof-aftreeoord.

Hierbenewens was hy by geleentheid Sondagskoolhoof, kategeet en jare lank kerkraadslid in onder meer die Moederkerk en Sentraal-gemeente.

Hy was bekend vir sy legendariese geheue tot op die einde, oor alles onder die son, ’n wandelende “wikipedia”.

Hy word oorleef deur vyf kinders, 11 kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos