.

Dié wraak tussen Greeffs en Steenkamps ‘welverdiend’

akkreditasie
Die roman Verdiende wraak, historiese fiksie, sal eersdaags op boekrakke beskikbaar wees.

Die Stellenbosch-gebaseerde skrywer Malene Breytenbach se nuwe boek, Verdiende wraak, word eersdaags vrygestel.

Volgens Breytenbach handel die verhaal, historiese fiksie, oor die vete tussen twee families ná die Boereoorlog. Die twee families is die Greeffs, wat die hensoppers was en wie se seuns national scouts was, en die Steenkamps, wat bittereinders was.

Breytenbach vertel: “Kommandant Steenkamp het die een Greeff-seun laat teregstel en die Greeffs neem wraak. Salomien Steenkamp, wat van Pretoria af kom en met kommandant Steenkamp se seun getroud is, beleef die vete en die moorde. ’n Engelsman wat hulle gehelp het toe hulle op hul behoeftigste was, raak op haar verlief.”

Mense wat graag historiese fiksie lees, sal in dié soort roman belangstel.

“Die Boereoorlog is nog altyd vir my fassinerend. Die boek is geïnspireer deur prof. Albert Grundlingh se boeke oor hensoppers en joiners, en familiegeskiedenis van my man, prof. Willie Breytenbach, wat ’n boorling van Ermelo is.”

Verdiende wraak is Breytenbach se negende roman.

LAPA en NB-Uitgewers het ook meer as vyftig van haar romanses (kontemporêr, medies, histories, Romanza en Superromanza) gepubliseer.

Twee romanses is onder ’n skuilnaam, Marilyn Bennett, gepubliseer.

Breytenbach het ook kortverhale vir bundels soos Bloots, Skarlakenkoors, Skrik op die lyf en Hartlam bygedra en verskeie van haar kortverhale is in tydskrifte soos Huisgenoot en Vrouekeur gepubliseer.

Malene Breytenbach
Die skrywer Malene Breytenbach.

Breytenbach het eers in Gweru, Zimbabwe, gewoon. Daarna het sy na Pretoria verhuis, aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer.

Sy en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy aan die Universiteit Stellenbosch die grade Hons, magister en DPhil in Joernalistiek, magister in Ou Nabye Oosterse Studie en MPhil in Antieke Studie behaal het. Sy het lank by die Universiteit gewerk, maar tans skryf sy voltyds en skilder nou en dan.

* Verdiende wraak sal landwyd teen die einde van September by uitgesoekte boekwinkels, soos Bargain Books, Exclusive Books en Protea Boekwinkel-takke, teen R275 beskikbaar wees.

besig om te laai... Regstreeks
Ireland 0
Netherlands 7/1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.77
-1.1%
Rand - Pond
20.27
-0.8%
Rand - Euro
17.11
-0.9%
Rand - Aus dollar
10.92
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.9%
Goud
1,762.55
-0.3%
Silwer
23.27
-0.2%
Palladium
2,044.50
-1.5%
Platinum
1,047.00
-1.1%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,521
+0.0%
Alle aandele
67,083
+0.1%
Hulpbronne 10
64,444
+0.2%
Industriële 25
84,505
-0.4%
Finansiële 15
14,086
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos