.
Deel

Katolieke skool vier sy 70ste

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Saint Vincent RK Primêr se koor sing ’n dankseggingslied by die opening van dié skool se 70- jaarvieringe.Foto: Angelo Julies
Saint Vincent RK Primêr se koor sing ’n dankseggingslied by die opening van dié skool se 70- jaarvieringe.Foto: Angelo Julies

’n Atmosfeer van dankbaarheid en eerbied het Dinsdagoggend (28 Februarie) by Saint Vincent RK Primêr geheers toe die skool se senior koor ’n lied van danksegging tydens die opening van die skool se 70 jaar-vieringe gesing het.

Sowat 700 leerders en onderwysers het saam met eregaste, oudleerders en oudonderwysers die geleentheid bygewoon om eer te betoon en terug te kyk na die skool se ryk geskiedenis.

Die skool is in 1953, toe die plaaslike klooster gestig is, deur nonne van die Rooms Katolieke kerk met een klaskamer begin.

“Die skool is in werklikheid ouer as 70. Dit het reeds in die laat 1940’s in ’n sinkhok op ’n naburige plaas begin, maar is eers amptelik in 1953 geopen,” vertel suster Lucie Sauls, skoolhoof.

Sauls sê daar was ’n duidelike behoefte vir ’n skool in die plaasgemeenskap en daarom is die skool gestig. “Die behoefte het oor die afgelope jare toegeneem, soveel so dat ons tien jaar gelede Engels as onderrigmedium bygevoeg het om ons leerders wat nie Afrikaans magtig is nie, te akkommodeer.”

Sauls voeg by dat die skool met die 70 jaar-vieringe die etos van die skool as’t ware toets deur te kyk waar oudleerders oor die jare “geblom” het.

“Ons skool se leuse is ‘Blom waar jy geplant word’, ons weet dat hier baie goeie landsburgers van Saint Vincent af kom. Hier word die kind nie net akademies opgevoed nie, maar ook met morele waardes,” voeg sy by.

Volgens Sauls is een van die projekte wat vanjaar parallel met die feesvieringe van stapel gestuur word, die bou van die personeelkamer.

“Ons poog om deurentyd geld tydens die geleenthede in te samel om die eerste personeelkamer te bou. Die personeelkamer sal ook oudonderwysers en weldoeners vereer. Die onderwysers het ook onderneem om elk R2 000 in te samel as bydrae tot die bou van die personeelkamer.

“Ons is baie opgewonde oor wat alles vanjaar gaan plaasvind. Dit is die eerste keer dat ons so ’n groot geleentheid aanpak. Ons is dankbaar vir alle rolspelers, leerders en oudleerders, oudonderwysers, die onderwysdepartement, die Rooms Katolieke kerk en ons weldoeners vir die ondersteuning,” voeg sy by.

Van die geleenthede waarna die skoolgemeenskap kan uitsien:

  • 25 Maart – klasse van 1980s tot 1990s se reünie;
  • 20 September – Jubilee-dans;
  • 24 September – Potjiekoskompetisie, Colour run en dankseggingsdiens; en
  • 14 Desember – Afsluiting.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Benetton 0
Connacht 5
besig om te laai... Regstreeks
Arsenal 0
Leeds United 0
besig om te laai... Regstreeks
AFC Bournemouth 0
Fulham 1
besig om te laai... Regstreeks
Brighton and Hove Albion 0
Brentford 1
besig om te laai... Regstreeks
Crystal Palace 0
Leicester City 0
besig om te laai... Regstreeks
Nottingham Forest 0
Wolverhampton Wanderers 0
besig om te laai... Regstreeks
Richards Bay FC 0
Orlando Pirates 1
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos