.
Deel

Waar is dié projek nou?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ek skryf oor die gereelde verkeersopeenhoping in Stellenbosch, en veral op die R44, wat van Klapmuts af tot in Somerset-Wes strek.

Ek was ’n paar jaar gelede baie opgewonde toe ek in die koerant lees van ’n meesters- of doktorale ingenieur-student by die Universiteit Stellenbosch wat ’n model ontwerp het sodat verkeersligte beter kan sinkroniseer. Ek wonder nou wat van hierdie projek geword het, want gereeld, as ek byvoorbeeld van Paradyskloof na Cloetesville ry, stop ek menigmaal by elke verkeerslig, en veral daardie drie wat so naby aan mekaar in Adam Tasweg, Alexanderstraat, die Plankenbrug-ingang en Merrimanlaan is. Is hierdie sinkronisasiestelsel ooit ingestel, of het die verkeersdepartement die handdoek ingegooi?

Ek kan nie nalaat nie om die afdeling wat paaie in Stellenbosch ontwerp geluk te wens met merkwaardige verbeterings, soos by die Dalsig-verkeerslig, Paul Roos-KwikSpar en ’n paar klein verkeersirkels. Dit bespaar motoriste oneindige frustrasie. Baie dankie.

Bennie van Eeden

STELLENBOSCH

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos