.

Reza de Wet se ‘Mis’ gedurende Julie in Landbousaal

akkreditasie

Stercus Produksies het die regte bekom om Reza de Wet se drama, Mis, vir hoërskole in die Wes-Kaapop te voer.

Die drama is een van die graad 12’s se voorgeskrewe werke.

In die drama bekyk die skrywer die temas van onderdrukking en bevryding in ’n post-depressie gesin se lewe in Suid-Afrika, met ’n pa wat in die dak toevlug geneem het na hy alles verloor het.

Die temas word op die spits gedryf deur die koms van ’n blinde konstabel. Soos die gegewens bevestig is daar nie ’n tekort aan donker humor in die toneelstuk nie.

Die splinternuwe produksie se rolverdeling bestaan uit die bekende Marion Holm, Wilhelm van der Walt (onlangs te sien in 7de Laan), Kanna-pryswenner Karli Heine en Petro van den Heever met regie deur Gaerin Hauptfleisch.

Die produksie poog om as opvoering die temas van die drama te belig sodat dit leerders se ervaring van die drama ondersteun en dit die studie van die werk vergemaklik.

Die vertonings vind plaas in die Landbousaal op Stellenbosch op die hoek van Die Laan en Dorpstraat 20 tot 22 Julie en weer 25 en 26 Julie om 9:30, 12:00 en 16:00. Op 21 Julie om 18:00 is daar ’n vertoning vir die publiek.

V Bespreking is noodsaaklik en kan gemaak word by 0 083 670 5006 of 2 stephanie@stercus.co.za.

besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 117/5
New Zealand 134/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.86
-1.0%
Rand - Pond
20.44
-0.9%
Rand - Euro
17.22
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.14
-1.0%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,792.00
-0.9%
Silwer
24.05
-2.2%
Palladium
2,009.00
-2.5%
Platinum
1,035.14
-2.8%
Brent-ruolie
85.99
+0.5%
Top-40
61,025
+1.0%
Alle aandele
67,615
+1.0%
Hulpbronne 10
63,620
+0.3%
Industriële 25
87,147
+1.5%
Finansiële 15
14,027
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos