.
Deel

Beurtkrag gee gesinne vonk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Talle gesinne in die streek probeer positief bly te midde voortdurende kragonderbrekings.
Talle gesinne in die streek probeer positief bly te midde voortdurende kragonderbrekings.

Terwyl beurtkrag talle erg onthuts laat en die invloed daarvan katastrofies op sakeondernemings en huishoudings is, probeer sommige inwoners positief bly en probeer die lig aan die einde van die donker tonnel sien.

Gazette het gaan kers opsteek by inwoners om te hoor hoe hulle die gevolg van beurtkrag beperk en planne maak om positief te bly.

“Niks kan nie deur ’n braavleisvuur of ’n gasbottel opgelos word nie, en vir enigiets anders is daar die stilte – met soveel geraas van die wêreld is daardie paar ure se stilte soms nodig.”

Só sê Charles Bothma van Robertson. Hy skerts en vertel hoewel hierdie stelling baie optimisties klink, hy steeds plofbare vloekwoorde uiter wanneer die krag afgaan.

“Wat kan ’n mens doen? Jy kan elke dag ingaan en negatief wees, jouself opwerk en kwaad maak teenoor alles en almal, of jy kan die lig hierin soek. Ek is nie naïef nie. Hierdie hele situasie is ‘n tragedie, maar soms moet ’n mens net probeer dit om dit beter te maak.”

Hy en sy vrou, Amelie, en hul twee dogters, Chané en Chalandré, bring nou baie tyd saam deur – veral weens beurtkrag.

Nog só gesin is die Dippenaars, ook van ’n plaas net buite Robertson, en huisvriende van die Bothma’s.

Pa Aldré meen egter hulle as gesin kan nou baie meer tyd saam deurbring en hulle wy deesdae baie meer tyd aan mekaar.

“Ons vra nou uiteindelik hoe dit met mekaar gaan. Sonder om bewus te wees het ons mekaar beter leer ken en kan ons in mekaar se vreugdes deel. Tegnologie steel soms daarvan. Ek weet die situasie is sleg. Ons ondernemings hou skaars die kop bo water, maar die invloed op my gesin is geweldig positief,” meen hy.

In Worcester verduidelik Sara Stoffels beurtkrag het haar geweldig negatief gemaak, maar haar seun het vir haar ‘n gasplaat en ’n batterytoestel aangeskaf, wat die televisie en waaier van krag voorsien.

“Nou kan ek my sepies kyk. Ek hoef nie dood te gaan van die hitte en muskiete nie, en dit is so stil rondom ’n mens. Ons waardeer soms maar die stilte, hoewel almal maar hoop en bid die situasie word gou opgelos.”

Beurtkrag is sekerlik ’n neiging wat in 2023 nog ’n groot invloed op elkeen se lewe gaan hê.

Die onlangse nuus van die onmiddellike afdanking van die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het omtrent skokgolwe deur die land gestuur en die toekoms lyk onseker.

“Dit is hoekom ’n mens positief moet bly en soveel moontlik tyd bestee aan die goed wat jy kan benut en bestuur. As dit uit jou hande is, vat eerder saam hande. My ma het dit altyd gesê,” voeg Dippenaar by.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.19
+0.6%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.70
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
968.38
+0.1%
Palladium
1,407.12
+0.1%
Goud
1,956.28
-0.0%
Silwer
23.03
-0.2%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,421
+0.9%
Alle aandele
76,016
+1.0%
Hulpbronne 10
66,074
+1.8%
Industriële 25
102,494
+0.3%
Finansiële 15
15,656
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos