Die volgende leerders van die Hoërskool Dirkie Uys is in die Wes-Boland-atletiekspan opgeneem. Hulle neem aanstaande naweek (24 en 25 Februarie) in die Paarl aan die Boland-atletiekkampioenskapsbyeenkoms deel. Van links agter is Hairo Baron (o.15; gewigstoot en diskusgooi), Keanu Crow (0.17; 110 m-hekkies), Schalk Senekal (o.19; gewigstoot), Logan Clarke (o.19; 400 m), Corné Basson (o.19; gewigstoot), Deacon Irion (o.17; 400 m) en JH Kleynhans (o.17; gewigstoot en diskusgooi). Middel: Anka Crous (o.19; gewigstoot, diskusgooi en hamergooi), Jayden Noordeman (o.15; hoogspring en driesprong), Tayron Delport (o.17; spiesgooi en 110 m-hekkies), Johan Mackenzie (o.17; driesprong), Drihan Crous (o.17; spiesgooi) en Jayden Appollis (o.19; 100 m en 200 m). Voor: Jacoline Crous (o.14; diskusgooi en gewigstoot), Lara le Roux (o.14; 90 m-hekkies), Kay-lee Mouton (o.14; spiesgooi), Liebe van Schalkwyk (o.14; gewigstoot) en Miscke Don (o.15; hamergooi).
Die volgende leerders van Hoërskool Dirkie Uys is opgeneem in die Wes-Boland atletiekspan. Hulle neem komende naweek 24 en 25 Februarie in die Paarl aan die Boland byeenkoms deel.