.

Mbatoeta en sy getoeter vir taxi’s kan by Indië leer

akkreditasie

Noudat die plaaslike verkiesing verby is, wil ’n mens hoop dinge gaan vir almal beter raak. Dis natuurlik onmoontlik om altyd almal tevrede te stel, maar iets baie irriterend wat seker nie gou gaan verdwyn nie, is die alewige getoet van minibus-taxi’s.

Is mense dan slaapwandelaars as hulle ’n taxi wil haal? Moet hulle nie vir ’n aankomende taxi uitkyk eerder as andersom nie?

Weet taxibestuurders dan nie hulle oortree daagliks die Nasionale Padverkeerswet met die alewige getoeter nie? Of weet hulle dalk wetstoepassers don’t care two hoots?

Die wet stel dit duidelik: Toeters mag net gebruik word om ander padgebruikers teen gevaar te waarsku, nie bloot om na iemand se geld te vry en te hoop hulle klim in nie. Aan die ander kant, taxi’s IS die gevaar self soos hulle ry.

Dit is nogal interessant dat die heel eerste toeters glad nie eens binne-in voertuie was nie. Nee, Britse voetgangers het hand-toeters gedra om voertuigbestuurders van hul teenwoordigheid bewus te maak.

In 1980 is padtekens in New York opgerig wat toet in sekere gebiede met $350 strafbaar maak om geraasbesoedeling te verminder. Dit is egter in 2013 verwyder omdat besef is dis ’n onbegonne taak om elke toeter te vervolg te midde van soveel ander geraas in ’n stad wat nooit slaap nie.

En dis waarskynlik hier in Suid-Afrika ook die geval: daar is net te veel taxi-toeters om almal te vervolg. In Tshwane het die owerheid probeer, maar sonder sukses.

Om alles te kroon, kondig die minister van vervoer, Fikile Mbatoeta, toe mos in Desember verlede jaar ’n (onwettige) veldtog aan wat grens aan die teater van die absurde. Hy het dit genoem Hoot for Life.

Mense is aangemoedig om elke dag om presies twaalfuur aan’t toet te gaan om almal bewus te maak van padveiligheid en so steun vir die veldtog te toon. En so is hulle ook aangemoedig om elke dag die wet te oortree, deur die minister self.

Moet ’n padveiligheidsveldtog dan nie juis mense aanmoedig om verkeersreëls na te kom nie? Meneer Mbatoeta, hoe sinvol was dit vir JOU? Jy is ons almal ’n verduideliking verskuldig.

Hoe vra ’n mens motorbestuurders om die wet te oortree in die belang van padveiligheid?

Dis byna vakansietyd en ’n mens wonder waarmee gaan Mbatoeta nou weer vorendag kom? Dalk nie Hoot for Life nie, maar Run for your Life.

Sopas is in Indië gelas dat die kakofonie van toetende taxi’s moet stop. Die getoet van die derduisende taxi’s in Indië is oorverdowend en skadelik vir die gesondheid, is bevind. Hulle moet voortaan strelende musiek speel. En hulle het ’n keuse van instrumente: viool, fluit of akkordion.

Maar eintlik is dit niks nuuts nie. In Taiwan speel die vulliswa al jare lank Für Elize wanneer hy aankom. En almal storm dan met hul swartsakke na buite.

So, wat van ons? Kan ons taxi’s nie ook mooi musiek speel nie? Wat van Gheorghe Zamfir op die panfluit, Vanessa-Mae op die viool of Kenny G?

Of “Hoe ry die boere sit-sit, so”?

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Watford 0
Manchester City 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos