.

Nuwe departemente ingestel

akkreditasie

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het sy kabinet verlede week geskommel en – soos beloof by die opening van die Wes-Kaapse wetgewer – ’n nuwe departement bekendgestel.

By die opening van die wetgewer, wat vanjaar in Velddrif plaasgevind het, het Winde planne aangekondig om ’n departement van infrastruktuur te skep. Hierdie departement, wat nou deur Tertuis Simmers as minister bestuur word, is ’n samesmelting van die departement van menslike nedersetting en vervoer en openbare werke.

Debbie Schäfer groet op haar beurt die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) vir die Verenigde Koninkryk. David Maynier, minister van finansies en ekonomiese geleenthede, sal by Schäfer oorneem. Finansies sal nou in die hande van Mireille Wenger wees.

Winde het in Februarie by sy provinsiale staatsrede verduidelik ’n departement van mobiliteit sal geskep word. Daylin Mitchell sal daar as minister aan die stuur wees.

Reagan Allen word die minister van gemeenskapsveiligheid en polisie-toesig. Hy vervang die geskorste Albert Fritz.

“Hierdie proses van ‘verfris’ beteken dat sekere veranderinge in die samestelling van ons regering nodig is. Dit is hoekom ek aangekondig het dat ons toegewyde departemente vir infrastruktuur en vir mobiliteit sal skep om enkelvoudige fokus te plaas op albei die uitdagings wat ons in die gesig staar, en van gelyke belang, die groot geleenthede wat ons kan kry om binne hierdie portefeuljes te werk en waardigheid te bevorder,” het Winde oor die skuiwe gesê.

Winde het in sy Februarie-toespraak die belangrikheid van werkskepping uitgelig, veral ná die ekonomiese uitdagings wat die Covid-19-pandemie tot gevolg gehad het.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 318/3
Sri Lanka 397/10
Rand - Dollar
15.92
+1.5%
Rand - Pond
19.86
+0.2%
Rand - Euro
16.77
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.18
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+1.7%
Goud
1,822.07
-0.1%
Silwer
21.70
+0.4%
Palladium
2,055.00
+1.4%
Platinum
958.00
+1.2%
Brent-ruolie
114.24
+2.6%
Top-40
63,189
+1.1%
Alle aandele
69,860
+0.9%
Hulpbronne 10
72,872
+1.4%
Industriële 25
78,015
+1.2%
Finansiële 15
15,954
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos