.

Plaaslike onderneming wen

akkreditasie
Die vier vroue aan die stuur van Growing Paper is (agter, van links) Christel Wessels en Franza Louw; voor is Roxanne Shumann en Nileta Knoetzen.
Die vier vroue aan die stuur van Growing Paper is (agter, van links) Christel Wessels en Franza Louw; voor is Roxanne Shumann en Nileta Knoetzen.

Growing Paper, die fabriek buite Malmesbury wat afvalpapier in kunstige papierprodukte met blom- en kruiesaadjies daarin herskep, is Vrydag (19 November) aangewys as Cape Town Magazine se kompetisiewenners in hul Small Business Spotlight-inisiatief.

Growing Paper het vyf ander Suid-Afrikaanse finaliste in die kompetisie, wat op 31 Oktober geëindig het, uitgestof.

Growing Paper het sedert dit in Januarie 2010 gestig is, van ’n klein onderneming deur twee vroue gegroei tot ’n maatskappy met vier voltydse vennote – Nileta Knoetzen, Franza Louw, Roxanne Schumann en Christel Wessels – plus 34 voltydse werknemers. ’n Unieke eienskap van Growing Paper is dat al hul produkte soos kalenders, visite- en ander kaartjies later letterlik geplant kan word sodat saadjies wat tydens die vervaardigingsproses in die herwinde papierproduk verweef is, kan groei.

Growing Paper versamel jaarliks meer as 10 ton papier by 35 sakeondernemings en skole in die omgewing en verwerk dit tot kunstige produkte wat ewe gewild in die buiteland as in toonaangewende Suid-Afrikaanse winkels soos Poetry en verskeie geskenk- en boekwinkels is.

Die vennote het jare lank hard daaraan gewerk om die vervaardigingsproses 100% groen te maak, en daarom gebruik hulle net watergebaseerde ink in plaas van ink met ’n petroleumbasis. Sedert September span hulle bioplastiek en herwinbare papierkaartjies in om weg te doen met plakkers. Geen chemiese produkte word tydens die vervaardigingsproses bygevoeg nie.

Hoewel die fabriek reeds herwinde materiaal in bruikbare produkte omskep, herwin hulle ook tydens hul vervaardigingsproses maandeliks minstens 150 kg materiaal vir herwinning. Verder gooi hulle alle organiese afval op hul eie komposhoop as bemesting vir groente- en kruietuine vir hul werknemers.

As alle saadjies wat Growing Paper uitstuur, uiteindelik geplant word, sal 26 miljoen plantjies jaarliks ontkiem!

Om so ’n kompetisie te wen ná al die dramas wat Covid-19 meegebring het, verdien gewis ’n pluimpie.

Roxanne verduidelik hoe hulle kon voortgaan om hul personeel se salarisse reg deur die inperkings te betaal en steeds te oorleef: “Growing Paper se uitvoer na kliënte in die buiteland – veral Nederland en Switserland – het baie gehelp. Ons moes wel die beursie baie styf vashou en bestellings is nog nie waar dit was nie, maar ons bly steeds aan die gang.”

Noudat hierdie werkverskaffer vir 34 personeellede die kompetisie gewen het, kwalifiseer hulle vir ’n rentevrye lening van R100 000 van Lulalend, ’n maatskappy wat sakeondernemings se prestasievermoëns help evalueer en finansiering voorsien.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos