.

Santam skenk brandtoerusting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wilhelm Markus (direkteur), Simon Morilly (Santam), Bertus Senekal (brandweerhoof) en Boffie Strydom (raadslid) by die oorhandiging van die toerusting.
Wilhelm Markus (direkteur), Simon Morilly (Santam), Bertus Senekal (brandweerhoof) en Boffie Strydom (raadslid) by die oorhandiging van die toerusting.

’n Vennootskap tussen Weskus-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens en Santam was ’n welkome hupstoot vir die streek se brandweerdiens.

Die distriksmunisipaliteit verwys in ’n verklaring na veld- en struktuur-brande wat jaarliks miljoene rande se skade aan eiendomme aanrig, plantegroei vernietig en die lewe van mens en dier bedreig.

“Om die beste diens moontlik aan die gemeenskap te lewer, is dit uiters belangrik om die nodige hulpbronne en strategieë te hê. Hierdie vennootskap van meer as R700 000 sal help om ’n meer doeltreffende brandweerdiens te bedryf en die skade wat brande aanrig, help verminder,” lui die verklaring.

Die skenking sluit in:. Vier damme van staal wat by die onderskeie vliegvelde in die Weskus opgerig gaan word om kapasiteit tydens lugsteunoperasies te vermeerder;. Agt volledige “bunker suits” vir nuutaangestelde brandweerpersoneel. Vyf brandweerwaentjies met 1000 F tenke wat in die streek by grondeienaars in hoërisikogebiede uitgeplaas gaan word. Dit sal help met spoedige optrede sou ’n brand daar ontstaan en brandskade beperk;. ’n Bydrae tot beskermende kleredrag vir die EPWP-grondspan wat gewoonlik bystand in groot brande in die gebied bied.

Volgens Bertus Senekal, die WKDM se brandweerhoof, is dit ’n welkome bydrae en gaan die ekstra hulpbronne ’n groot verskil in die brandweer se optredes in die streek maak.

“Om ’n brandweerdiens optimaal te laat funksioneer, is duur en kompleks. Weskus-brandweerdiens probeer altyd om die diens wat ons aan die publiek lewer, te verbeter, maar die begroting is altyd ’n groot uitdaging en daarom is sulke vennootskappe baie belangrik vir ons,” het Senekal gesê.

Weskus-brandweerdiens is trots op sy goeie samewerkingsooreenkomste met plaaslike munisipaliteite, Working on Fire, Cape Nature en die plaaslike brandbeskermingsvereniging. Met die hulp en samewerking van die publiek kan skade wat brande inhou, tot ’n minimum beperk word. . Om ’n brand aan te meld of die brandweerdiens te ontbied, skakel 022 433 8700.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Stellenbosch FC 0
Mamelodi Sundowns 0
besig om te laai... Regstreeks
Watford 0
Manchester City 2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos