.

Bekende dramaturg sterf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Pieter Fourie, die bekende dramaturg, is Sondagaand by sy huis in Onrusrivier in die ouderdom van 81 oorlede.

Fourie is bekend as die skepper van dramas soos Die joiner, Faan se trein, Ek, Anna van Wyk en Die koggelaar. Maagkanker is vroeër die maand by hom gediagnoseer. Sy loopbaan wat strek oor meer as ses dekades sluit in die Hertzogprys vir sy dramawerk.

Hy is ook deur die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vir sy werk vereer en hy het ook ’n eredoktorsgraad in drama van die Universiteit van die Vrystaat ontvang.

Fourie begin sy skryfloopbaan as digter en gedurende sy tyd op Universiteit Stellenbosch was hy deel van D.J. Opperman se digkuns-laboratorium.

Die letterkundige Joan Hambidge sê Fourie het met sy digterlike oes iets presteer: min woorde, maar baie implikasie én nadink. Die digkuns as klokhelder stilte.

Fourie, wat op 3 April 1940 op Philippolis in die Vrystaat gebore is, word oorleef deur sy vrou Maletta, met wie hy 25 jaar getroud was en sy vyf dogters en kleinkinders.

besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 0
Warriors 100/5
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.3%
Rand - Pond
20.05
+0.5%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,778.94
+0.5%
Silwer
23.93
+1.0%
Palladium
2,108.38
-0.2%
Platinum
1,043.48
+0.1%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.2%
Alle aandele
66,727
-0.3%
Hulpbronne 10
62,801
-1.3%
Industriële 25
85,132
+0.4%
Finansiële 15
14,131
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos