.

Gaste op plaas aangehou, beroof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Wat vir Naomi Herselman en Derek Crabtree van die Coppull-private natuurreservaat buite Stanford begin het as ’n gesellige aand saam met gaste, het in ’n oogwink in ’n nagmerrie ontaard toe drie gewa­pende mans met klapmusse Vry­dagaand 10 September omstreeks 20:30 by die gastehuis ingebars het en hulle aangehou en beroof het.

Herselman vertel: “Derek en sy seun DJ, wat saam met ons die gastehuis bestuur, het vir ons groep van 11 volwassenes en twee kinders, onderskeidelik 10 en twee jaar oud, ’n heerlike aandete voorberei. Ná die ete was ek eintlik op pad na my motor, toe Derek sê ek moet net ’n oomblik wag, want hy wil nog iets vir die gaste gee. Ons het in die kombuis om die eiland gesit en die volgende oomblik staan drie mans met klapmusse in die deur. Hulle het ’n geweer, ’n koevoet en ’n baie skerp skroewedraaier in die lug gehou. Hulle het dit baie duidelik aan ons gemaak dat hulle gewa­pen is. Indien ek wel na my motor toe gestap het, sou ek my waarskynlik tromp-op in hulle vasgeloop het.”

“Hulle het vir Derek en DJ met draad vasgemaak wat hulle by hulle gehad het en die res van ons, behalwe die kinders, ook vasgebind. Hulle het ons beveel om met ons hande bo ons koppe te sit. Vir my het hulle met Derek se skoenveters, wat hulle verwyder het, vasgebind. Hulle het Derek na ’n kamer geneem en gewurg, maar gelukkig het die koord gebreek. Hulle het ons selfone geneem, die simkaarte uitgehaal en probeer beskadig, asook waardevolle juweliersware geneem. Hulle het aanmekaar gevra waar die kluis is en hoe meer ons verduidelik het dat dit ’n gastehuis is en dat daar nie ’n kluis is nie, hoe minder het hulle dit verstaan.”

“Omdat ek probleme met my banktoepassing op my foon gehad het, het ek ’n groot bedrag kon­tant in my handsak gehad. Indien ek nie die geld in my handsak sou gehad het nie, sou hulle ons heel waarskynlik na OTM’s geneem het om geld te onttrek.

“Toe hulle vir Derek weggeneem het en die mans in die badkamer toegesluit het, het ek regtig gedink that’s it. In ’n stadium het hulle ons laat opstaan en in ’n ry laat staan. Dis toe dat ek gedink het dat hulle ons hier en nou gaan teregstel.”

Herselman se suster, Megan Herselman, is in 2006 doodgeskiet en Vrydagaand se gebeure het alles weer oopgekrap. “Toe Megan dood is, was die grootste vraag by my ‘Wat was Megan se laaste gedagtes?’ Tydens Vrydagaand se gebeure het ek heeltyd gedink dat hulle my gaan verkrag en dat ek gaan sterf. Ek het nie vir een oomblik gaan dink dat ons dit gaan maak nie. Ek is ’n baie sterk persoon, maar dit was ’n nare ondervinding en ek is completely and utterly shaken to my boots.”

Gelukkig het een van die gaste vroeër die aand sy selfoon hoër op ’n kas buite sig van die aanvallers neergesit en kon die polisie ontbied word nadat die aanvallers vermoedelik te voet weg is.

Herselman sê die bystand wat hulle ontvang het, was ongelooflik. Die polisie was binne 10 minute daar en nie net het ’n sekerheids­wag haar huis toe vergesel nie, maar daar is ook dadelik gereël vir wagte vir die gastehuis.

“Die huis is omtrent een kilometer van die hoofpad en nie sigbaar nie, so ek vermoed hulle het ons bewegings dopgehou voor hulle toegeslaan het. Maar ek gaan my nie weer so laat vang nie. Ek gaan baie meer paraat wees in die toekoms.”

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 0/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 5/1
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.2%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.76
+0.5%
Silwer
23.90
+1.1%
Palladium
2,106.00
-0.2%
Platinum
1,046.73
+0.4%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,158
-0.5%
Alle aandele
66,727
-0.5%
Hulpbronne 10
62,801
-1.7%
Industriële 25
85,132
+0.2%
Finansiële 15
14,131
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos