.

Kuns – kom kyk in solder

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

As die dorp waar jy woon nie ’n kunsgalery het waar kunsliefhebbers gereeld na interessante uitstallings kan kyk nie, dan maak jy ’n plan.

Dit is presies wat Liz Fourie van Bougainvillea-restaurant in Caledon Woensdag 1 September gedoen het toe sy ’n kunsuitstalling in die solder bo haar restaurant gereël het.

Llewellyn Kruger van Llewellyn Kruger International Art Brokers is reeds 40 jaar in die bedryf waar hy bekende kunstenaars se werke na kleiner dorpe bring wat nie kunsgalerye het nie. In die tye voor Covid het Kruger se agente gemiddeld tussen 10 en 14 dorpe per maand besoek, maar dit het nou uit die aard van die saak baie verminder.

Fourie noem aan Hermanus Times: “Ek ken Llewellyn al baie jare en het net gevoel dit is tyd om die lewe weer half normaal te kry deur die kunstenaars se werke aan ’n klein groep gaste voor te stel. Dit is moeilike tye vir almal en elke bietjie blootstelling help.”

Gaste het ’n heerlike piekniek-ete in ’n boksie gekry en wyn en sap is bedien terwyl die oud-Caledonner Wynand Davel gaste met sy vioolspel vermaak het.

Die solder bó die restaurant was die perfekte venue vir die uitstalling. Fourie sê sy het nog baie idees vir interessante geleenthede in die solder.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 96/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos