.

Rowers nog op vrye voet

akkreditasie

’n Gesin is erg getraumatiseer nadat hulle verlede week Dinsdag (24 Augustus) deur rowers by hul woning op die plaas Honingklip net buite Kleinmond oorrompel en vasgebind is.

Volgens AO Eduard Coetzee, ’n woordvoerder van die Caledon-polisie, het die voorval om 21:00 plaasgevind toe die gesin hul honde hoor blaf het. Die man van die huis het gaan ondersoek instel, en toe hy die voordeur oopmaak, het drie mans hom ingewag en hom terug in die huis gedruk. Die man, sy vrou en hul dogter is met ’n nylon-tou vasgemaak en volgens die slagoffers het die een verdagte vlot Afrikaans gepraat.

“Hulle het geld, juweliersware en vuurwapens by die slagoffers geëis en die huis deursoek. Nadat hulle dit geëis het, is hulle na die motorhuis om deur die motor ook na besittings te soek. Toe hulle buite kom, het nog ’n rower buite die huis gestaan,” sê Coetzee.

Volgens die polisie het die vier rowers nie vuurwapens gehad nie – een het ’n baksteen gehad en ’n ander ’n koevoet. Nadat hulle alles deurgesoek het, is hulle met twee selfone en twee vuurwapens weg.

Die eienaar van Honingklip-plaas het die voorval bevestig en gesê die gesin is huurders op die plaas en hy wil geen kommentaar oor die voorval lewer nie.

Volgens Coetzee is geen verdagtes nog in hegtenis geneem nie.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 155/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos