Tot ’n dag voor die einde van KKNK 2018 was die boek Die lang man sonder skaduwee deur Antoinette Pienaar (saam met Johannes Willemse), die topverkoperboek in die ATKV-Boeke-oase.
Van die ander boeke wat van die beste verkoop, is 16 Dinge wat ek nie moes sê nie (Rian van Heerden), My storie van hoop (Hykie Berg), 30 (Herman Lensing), Martelize kook! Jy’s genooi (Martelize Brink) en Die De Zalze-moorde (Julian Jansen).
Die beste verkopers van die spanningsromans is Redelike twyfel (Chris Marnewick), Gifbeker (Irna van Zyl) en Ys (Rudie van Rensburg). Dié drie skrywers het ook in die Boekgesprekreeks opgetree.