.
Deel

Oorspronklike dokumente bly twispunt

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die beskuldigdes is van links Steven Jonkers, Claudius Peterson en Renier van Rooyen.
Die beskuldigdes is van links Steven Jonkers, Claudius Peterson en Renier van Rooyen.
Foto: Charné Kemp

In die tweede week van die Defensor-bedrogsaak waarin ’n voormalige departementshoof van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement en drie ander van beweerde tenderbedrog van R384 miljoen aangekla word, het die verdediging steeds die oorspronklikheid van die tenderdokumente wat in die ondersoek gebruik is, betwis.

Die forensiese ondersoeker was verlede week die eerste getuie in die verhoor in die hooggeregshof in Kimberley.

Die saak spruit uit ’n sekuriteitskontrak wat die departement aan die Defensor-sekuriteitsmaatskappy in 2017 toegeken het. Opposisiepartye het kapsie teen die kontrak gemaak.

Die aangeklaagdes ontken skuld op al die aanklagte. Hulle is Steven Jonkers (55), deesdae adjunk-direkteur-generaal in die kantoor van die premier en eertydse departementshoof, Defensor Electronic Security Systems, asook sy direkteure, Renier van Rooyen (62) en Claudius Gerald Peterson (57).

Die staat voer aan die beskuldigdes het tussen 13 Maart 2014 en 20 Oktober 2017 geheul en ’n wanvoorstelling in tenderdokumente gemaak om die departement te bedrieg. Die departementshoof moes inderwaarheid nie die kontrak aan hulle toegeken het nie.

Van Rooyen en Peterson word daarvan verdink dat hulle nie die vereistes vir tender nagekom het toe die bod ingedien is nie. Die betrokke maatskappy wat gebie het, was nie by die Reguleringsowerheid vir die Privaatveiligheidsbedryf (Psira) geregistreer nie. Hulle het na bewering ook ’n vals belastingklaringsertifikaat ingedien.

Die twee het na bewering ook voorgegee dat hulle nie enige belange in verwante maatskappye het nie. Hulle het nie die vereiste drie jaar se geouditeerde finansiële verslae as deel van hul bod ingedien nie.

Jonkers as rekenpligtige beampte het na bewering die departement en personeel mislei dat hy tevrede was dat verkrygingsvereistes nagekom is, al het die bodevaluasie- en -toekenningskomitee die bod afgekeur.

Thabisa Mduba, ’n Psira-administratiewe amptenaar, het Maandag (13/03) getuig dat hulle slegs ’n registrasienommer aan ’n sekuriteitsmaatskappy uitreik indien die maatskappy by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) geregistreer is. Dit blyk dat Defensor Electronic Security Systems, wat die bod ingedien het, nie destyds by Psira geregistreer was nie, maar wel Defensor se ander entiteit, Defensor Security Services, ’n ouer maatskappy. Cam Guard is ’n entiteit wat aan Peterson behoort.

Volgens haar is dit ontoelaatbaar dat een entiteit ’n ander se maatskappyregistrasiebesonderhede gebruik om by hulle te registreer.

Van Rooyen en Peterson as direkteure van Defensor Electronic Security Systems was ook nie by Psira geregistreer nie.

Adv. Willem Edeling SC het namens die verdediging aangevoer Mduba se voorganger het begryp dat Defensor besig was om ’n groter maatskappy met meer dienste te ontwikkel en dat die registrasie-kwessie nie vir hom problematies was nie. Die kwessie sou mettertyd opgelos word.

In sy getuienis het Siyabulela Booi, adjunkdirekteur van verkryging by die departement, gesê die bod het op 30 April 2014 gesluit. Hy en drie amptenare van die informele pre-evaluasie komitee (PEC) het elke maatskappy wat gebie het se bondel dokumente deurgegaan. Hulle moes bepaal of al die vereiste dokumente ingedien is. Volgens hom het hulle die oorspronklike dokumente gebruik.

Die bod is eers drie jaar later deur die bodevaluasiekomitee evalueer nadat Defensor ’n suksesvolle hofgeding teen die departement aanhangig gemaak het.

Booi was die sekretaris van die bodevaluasiekomitee wat Defensor se bod ingevolge die hofbevel moes evalueer. Hy het in sy getuienis aanvanklik aangedring dat hulle die oorspronklike dokumente by die vergadering in 2017 gebruik het, maar later toegegee dit was kopieë.

Die betwiste bondel oorspronklike boddokumente is in die hof beskikbaar gemaak, hoewel die stel nie volledig is nie.

Vroeër het Edeling aangevoer dat die departement die oorspronklike dokument na ’n prokureur gestuur het om voor te berei vir Defensor se hofgeding teen die departement. Die prokureur het nooit die dokumente terug gestuur nie. Jonkers, as verantwoordbare amptenaar, was juis besorg oor die gebrek aan oorspronklike dokumente tydens die bodevaluasie. Hy het Booi en ander amptenare geroskam oor waar die verlore oorspronklike dokumente sou wees.

In sy getuienis het Booi uit die bodevaluasiekomitee se aanbeveling voorgelees. Defensor het benewens ander tekortkominge ook nie drie vereiste verwysings van sy ander kliënte verskaf nie. Die komitee het aanbeveel dat die bod afgekeur word.

Die verhoor duur voort.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 85/1
West Indies 220/8
Rand - Dollar
18.17
+0.7%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.70
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
964.75
-0.3%
Palladium
1,419.22
+0.9%
Goud
1,973.81
+0.9%
Silwer
23.27
+0.8%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+1.0%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.4%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos