.

Div pak politieke speelveld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister


Die Good-party het Sondag aangekondig dat die voormalige Springbok-breier Peter de Villiers as sy burgemeesterskandidaat vir Drakenstein in die volgende munisipale verkiesing sal staan.

Volgens De Villiers, ’n oudleerder van die Hoërskool Noorder-Paarl, is hy sedert die Good-party gestig is lid van dié politieke party en is dít – die waardes wat Patricia de Lille, leier van die party, voorstaan – presies wat De Villiers tot die party aangetrek het.

“Ek voel besonder geëerd dat daar nog mense is wat iets in my sien. In my hele lewe probeer ek net opreg en eerlik wees. Ek probeer goed doen, maar ’n mens sien net dié raak wat krities is en dan kom iets soos dit op jou pad dan voel jy waardig dat mense iets in jou sien wat ander mense wil afbreek. En dan besef jy, hoeveel van die waarde het ons nie in ons eie mense afgebreek nie en dít is waarom daar soveel armoede is. Nou nie geldelike armoede nie, maar armoede in die sin dat mense hul selfrespek begin verloor het.”

Volgens De Villiers wil hy kyk of hy nie ’n rolmodel kan wees nie.

De Villiers meen hy sien daarna uit om sy grondgebied, waar hy met mense werk, te verbreed.

“Soos met rugby, waar ek met 30 mense op ’n slag gewerk het, is my grondgebied nou net groter gemaak en gaan ek met ’n hele gemeenskap werk. In rugby het ek altyd uitgesien na die glimlagte op die gesigte van mense as iets positiefs met hulle gebeur en dit is waarna ek uitsien om weer positiwiteit te bring en glimlagte op mense se gesig te sien.”

Vir die inwoners van Drakenstein het De Villiers die volgende boodskap: “Met al die drome wat ’n mens het, moet jy dit nooit opgee of weggee nie, maar Paarl kan nie deur een mens verander word nie. Paarl kan slegs verander word as ons elkeen ons kant bring. Ons het soveel rykdom in die dorp, mense met soveel great idees. Ek dink as ons net bereid gaan wees om na hulle te luister, gaan ons saam nogal ’n groot verskil in ons dorp maak.”

* Die munisipale verkiesing vind op 1 November plaas.

besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 0
Warriors 104/7
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.3%
Rand - Pond
20.05
+0.5%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,778.94
+0.5%
Silwer
23.93
+1.0%
Palladium
2,108.38
-0.2%
Platinum
1,043.48
+0.1%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.2%
Alle aandele
66,727
-0.3%
Hulpbronne 10
62,801
-1.3%
Industriële 25
85,132
+0.4%
Finansiële 15
14,131
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos