.
Deel

Gim groet skoolhoof ná dekade

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Eddie BatemanFoto: Chantélle Hartebeest
Eddie BatemanFoto: Chantélle Hartebeest

Ná 10 jaar se pligsgetroue diens groet die Hoërskool Gimnasium Paarl einde vandeesmaand sy skoolhoof, Eddie Bateman.

Bateman meen dit is ’n voorreg om sy jare lange onderwysloopbaan as deel van die Gim-familie af te sluit.

Hy bedank eers God vir die geleentheid as skoolhoof by die skool en voel geëerd dat Hy hom na Gim gestuur het om ’n verskil te help maak. “Ek hoop Hy is tevrede.”

Bateman het in die suide van Johannesburg grootgeword, waar hy sy skoolloopbaan aan die Hoërskool JG Strydom voltooi het. Daarna het hy ’n BSc-graad in wiskunde, chemie en fisika aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Later het hy ’n nagraadse diploma by die Universiteit van Suid-Afrika asook sy honneursgraad in onderwys by die Noordwes Universiteit gedoen. Bateman spog ook met ’n MBA-graad wat hy by die Potchefstroom Universiteit se sakeskool gedoen het.

“My tesis ‘Selection of a government secondary school: Perceptions of learners, parents, and teachers’ is in 2011 as die beste in die sakeskool aangewys, en dit het gelei tot die wonderlike ervaring om ’n referaat in 2012 by ’n internasionale konferensie in Kenia te lewer.”

Die Hoërskool President in Johannesburg, die Hoër Tegniese Skool Middelburg en die Hoërskool Bastion in Krugersdorp is van die skole waar Bateman voorheen gewerk het. Hy het ook die voorreg gehad om as hoof van die Hoër Tegniese Skool Elspark in Germiston asook die Hoërskool Klerksdorp te dien.

Vir Bateman was dit maklik om by Gimnasium se tradisionele waardes in te skakel. “Gim se waardes was en is in Christelike waardes gesetel. Waardes moet gelewe word, nie gepreek word nie.”

Volgens Bateman het hy nooit boekgehou van die veranderinge wat by die skool in die tydperk wat hy as skoolhoof gedien het, ingestel is nie, veral omdat hy en die personeel mekaar goed in hul daaglikse take ondersteun en as ’n span saamgewerk het.

“Dikwels het belangrike besluite van ‘binne’ iewers gekom – wat jy self nie weet hoe jy daarby uitgekom het nie. Dan vloei daar baiekeer nog positiewe resultate uit die besluit, waaraan jy nie eens gedink het nie. Jy het net geweet die aanvanklike besluit is die regte een. Dit kon net wysheid van Bo wees. Ons grootste voorkeur was om die kinders in ons skool se harte aan te raak, maar ek glo dit is nog altyd so by Gim. Dan ook dat ons personeel geborgenheid moet ervaar. ’n Mens moet altyd ’n plek in ’n beter toestand agterlaat as wat dit was toe jy daar aangekom het. Het ons daarin geslaag? Dis nie vir my om dit te oordeel nie – ek moet net weet dat ek my beste gegee het.”

Die soort kind wat by Gimnasium opgelewer word, is volgens Bateman iemand wat nie bang is om die lewe ná skool aan te pak nie. Hy sê die skool se personeel bestaan uit besonderse manne en vroue wat rolmodelle is na wie die kinders opkyk en wat hulle goed vir die grootmenswêreld voorberei.

“Wanneer oudleerders terugkom, vertel hulle die feit dat hulle hier reeds ’n kosmos in die kleine van die wêreld daar buite beleef het, hulle heel tuis in die lewe ná skool voel. Ek weet ons stuur kinders die wêreld in wat hul skoene nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal vol staan en hul voete gou vind.”

Sy tydperk as skoolhoof was nie sonder uitdagings nie, en die koronavirus-pandemie was ’n geweldige uitdaging vir onderwysers en leerders ook.

“Tydens die covid-pandemie was die bestuur van mense se vrese, ontkenning van die realiteit en verwagtinge erg. Onderwysers moes vinnig aanpas en hul kreatiwiteit het ’n hupstoot gekry. Die nagevolge was dat wiskundige en leesvaardighede ’n groot knou gekry het.”

’n Hoogtepunt in sy tyd by Gimnasium is toe die gr. 12-leerder Madelein Dippenaar as Suid-Afrika se topmatrikulant vir 2019 gekroon is.

“In onderwys is dit moeilik om ’n nalatenskap te definieer omdat ons met mense werk,” sê Bateman. Hy glo die enigste werklike nalatenskap is om die mense wat jou omring se harte aan te raak en hulle deel te maak van iets groter as hulself.

“[Om die mense met wie jy werk] geborgenheid en ruimte te gee waarin hulle kan waag, ontdek, groei en meer word as wat hulle self kon dink moontlik is; dan sal hulle eendag terugkom en op die een of ander wyse belê in die plek waar alles begin het. Dis ware nalatenskap. Daar is hoofde wat daarna streef om monumente te bou; ek verkies monumente in mense se harte.”

Bateman meen egter dat hoewel hy nou aftree, sal Gimnasium altyd deel van hom wees. “Ek het oor die jare een geword met die skool en as my program dit toelaat, sal ek graag behulpsaam wil wees by die ontwikkeling van onderwysers en skoolhoofde.”

Maar vir eers gaan hy meer tyd saam met sy kinders deurbring en hulle meer aandag gee, sowel as sy kleinkinders en sy geliefde vrou, wat baie vir sy loopbaan opgeoffer het.

“Ek gaan ook die see se geselskap geniet – meestal met ’n visstok in die hand.”

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Benetton 0
Connacht 0
besig om te laai... Regstreeks
Arsenal 0
Leeds United 0
besig om te laai... Regstreeks
AFC Bournemouth 0
Fulham 0
besig om te laai... Regstreeks
Brighton and Hove Albion 0
Brentford 0
besig om te laai... Regstreeks
Crystal Palace 0
Leicester City 0
besig om te laai... Regstreeks
Nottingham Forest 0
Wolverhampton Wanderers 0
besig om te laai... Regstreeks
Richards Bay FC 0
Orlando Pirates 1
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos