.
Deel

Paarl se Drakenstein-apteek van kontant beroof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Drie gewapende rowers het Donderdag om sowat 13:00 op die Drakenstein-apteek in Paarl toegesak.Foto: Verskaf
Drie gewapende rowers het Donderdag om sowat 13:00 op die Drakenstein-apteek in Paarl toegesak.Foto: Verskaf

Doodgewone aptekers wat hul klante van hul mediese voorskrifte voorsien was onaangenaam verras toe drie rowers vroeër vandag (Donderdag 16 Maart) op die Drakenstein-apteek in Paarl toesak.

Die Paarl-polisie se woordvoerder, kapt. Louise du Plessis, het die besigheidsroof by die Drakenstein-apteek by 55 Van Riebeeck-rylaan om ongeveer 13:00 bevestig.

“Die apteek was vroeër vandag (Donderdag) deur drie gewapende mans bestorm. Die rowers het met ’n bedrag kontant van die toneel af gevlug.”

Sy sê die hoeveelheid kontant wat gesteel is, is nog nie bekend nie. Geen beserings in verband met die voorval is aan Paarl Post bekendgemaak nie.

“Daar is nog baie besonderhede rakende die voorval wat bevestig moet word,” noem Du Plessis ten slotte.

Enige iemand met enige leidrade of inligting rakende die rooftog by Drakenstein-apteek in Jan Van Riebeeck-rylaan het, word gevra om die Paarl-polisie te skakel by 021 807 4141 of 021 807 4015.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 0
West Indies 153/7
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
966.47
-0.1%
Palladium
1,419.52
+1.0%
Goud
1,968.85
+0.6%
Silwer
23.27
+0.8%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+1.0%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.4%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos