.

Stemdag op 1 November

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die 2021-munisipale verkiesing gaan vanjaar op 1 November plaasvind.

Die afgelope ruk het ’n behoorlike kat-en-muis-spel tussen politieke partye plaasgevind oor die uitstel en vertraging van die munisipale verkiesing, en het die konstitusionele hof Vrydagmiddag (3 September) beslis dat die munisipale verkiesing nie uitgestel kan word nie en tussen 27 Oktober en 1 November gehou moet word.

Die amptelike datum is 1 November en sal binnekort geproklameer word.

Volgens ’n persverklaring wat die OVK Maandag uitgereik het, het die kommissie reeds maatreëls getref om te verseker dat dit voldoen aan die bevel van die konstitusionele hof met betrekking tot die uitvoering van die munisipale verkiesing teen 1 November.

“Hoewel die bevel tans sonder ’n gemotiveerde uitspraak gelewer is, is dit belangrik dat die kommissie doelbewus voortgaan om die vereistes van die konstitusionele hof ten spyte van die huidige omstandighede na te kom,” lui die OVK se verklaring.

Die OVK is van mening dat dit “alle nodige maatreëls moet tref om ’n vrye en billike verkiesingsproses, wat streef na veiligheid binne die beperkings wat die heersende Covid-19-pandemie veroorsaak word”, te verseker.

“Die kommissie doen ’n beroep op alle rolspelers, veral politieke partye, om saam te werk om te verseker dat die verkiesing in ’n rustige omgewing plaasvind waar kiesers hul stemreg sonder onnodige belemmerings kan uitoefen en hul keuses kan maak.”

Om voorbereiding vir die verkiesings stukrag te gee, het die OVK die afgelope naweek vergader om te bepaal of ’n registrasienaweek voor die verkiesing prakties sal wees.

Ná deeglike oorweging en beraadslaging het die kommissie besluit so ’n naweek is gewis ’n noodsaaklikheid.

’n Registrasienaweek is vir 18 en 19 September geskeduleer. Die 23 151 stemlokale sal op al twee dae van 08:00 tot 17:00 oop wees.

Die OVK spoor veral jongmense aan om hierdie geleentheid te gebruik om te registreer en te stem.

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 54/1
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 33/4
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.4%
Rand - Euro
16.92
+0.2%
Rand - Aus dollar
10.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.41
+0.5%
Silwer
23.92
+1.0%
Palladium
2,098.50
-0.9%
Platinum
1,046.51
+0.3%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.4%
Hulpbronne 10
62,801
-1.4%
Industriële 25
85,132
+0.3%
Finansiële 15
14,131
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos