.

Wees slim met jou slimfoon

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

“Ouers, ons moet ons kinders leer om verantwoordelik te wees wanneer hulle hul slimfone gebruik. Sosiale media, en die internet, het amper soos ’n tatoe geword,” sê die sosialemediakenner Magriet Groenewald.

Groenewald is die stigter van ’n aanlyn sosialemediasakeskool, Magriet.co. Sy waarsku dat dit wat jy vandag plaas, nog vir jare daarna by jou kan spook. “As iets eers op die internet is, is dit vir altyd deel van ons lewe,” sê Groenewald ernstig.

Hierdie kreatiewe kenner se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en sosialemediabeïnvloeders te bemagtig om hulle aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulself en hul produkte beter te bemark.

Sy is egter baie bekommerd oor die jonger geslag – en volwassenes – se gebrek aan kennis oor sosiale media en hoe om hul kinders aanlyn te lei, te monitor, te bestuur en te beskerm.

Sy doen ’n ernstige beroep op ouers om hul kinders te leer om slim te wees met hul fone en altyd te onthou dat ’n “skermgreep” die hele prentjie kan verander. “As iemand ’n skermgreep van jou plasing geneem het voordat jy dit kan verwyder, het jy nie meer beheer daaroor nie,” waarsku sy.

Ouers moet oplettend wees en hul kinders die volgende leer:

Voordat jy iets plaas, moet jy jouself afvra of dié plasing of die inhoud daarvan gepas is vir die volgende mense om te sien:

  • Jou ouers of grootouers?
  • Jou vriende se ouers?
  • Jou onderwysers of skoolhoof?
  • Die polisie?
  • Swendelaars of pedofiele?
  • Toekomstige universiteite of kolleges?
  • Toekomstige werkgewers?

“As die antwoord op enige van hierdie vrae nee is, moet hulle nie die plasing doen nie,” sê sy.

Volgens Groenewald kan sosiale media en die internet groot voordele vir die jonger garde inhou, maar dit is ouers se verantwoordelikheid om seker te maak hulle gebruik dit behoorlik en veilig.

Gedurende haar sewe opwindende jaar in die bedryf, het sy al saam met verskeie bekendes gewerk, onder wie Schalk Bezuidenhout en Minki van der Westhuizen.

Buiten vir ’n honneursgraad in bemarking, het sy ook verskeie internasionale sosialemedia-bemarkingskwalifikasies agter haar naam. . Volg gerus hierdie skakel vir nog inligting wat ouers kan toerus: https://www.magriet.co/parents-resources

besig om te laai... Regstreeks
Benetton 0
Cardiff Rugby 0
Rand - Dollar
15.90
-0.2%
Rand - Pond
19.85
-0.3%
Rand - Euro
16.78
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,840.95
-0.1%
Silwer
21.68
-1.1%
Palladium
1,953.00
-2.8%
Platinum
951.50
-1.6%
Brent-ruolie
112.04
+2.6%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.7%
Industriële 25
72,948
-3.8%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos