.

Vryheid sonder verantwoordelikheid is niks

akkreditasie

Soms is dit nodig om jou sielsgoed wat krapperig en steurend is, op die naam te noem om sodoende weer jou vrede en vreugde te herwin.

Dis sulke tyd vir my, want my hart bloei vir dit wat ek rondom my gewaar. Dis swaar en moeilike tye waarin ons onsself bevind. En as ek iewers moet begin om die ergste van die hartseer tye ’n naam te moet gee, dan kom staan daai grammofoonplaat wat haak weer voor my geestesoog – die gevreesde Covid-19-pandemie, wat soveel mense wêreldwyd kom beroof het van die gawe van lewe. Op eie bodem is daai verwoesting ook wyd gesaai.

My hart bloei egter vir dit wat tydens hierdie pandemie aan die armstes van die armes toegedien is en steeds toegedien word. En hier verwys ek na die skandelike maniere waarop bedrog gepleeg is en steeds gepleeg word met hulpbronne wat vir hulle in nood bestem was. As een van miljoene Suid-Afrikaners is dit vir my skokkend hoe ons moet toekyk dat hulle wat ons vertrou om na die belange van alle landsburgers om te sien, so skandelik kan wees om van die armes te steel. My respek, agting en waardering aan hulle wat hulself nie hieraan skuldig maak nie. En glo my, die meeste van ons is al moeg gewag om te sien dat dié wat hulle aan hierdie blatante bedrogspul skuldig gemaak het, nog nie in ons howe skuldig bevind is en boet vir hul dade nie.

Voeg by die pandemie en gepaardgaande lyding op verskillende vlakke ook die lyding en swaarkry van ons landsburgers nog vóór die pandemie daarby. Wel, ’n mens kan jouself net indink hoe die welstand van miljoene Suid-Afrikaners lyk, en asof dit nie genoeg is nie, woed ’n oorlog derduisende kilometer ver van ons af.

Moenie ’n fout maak nie – my hart gaan uit na hulle wat ook daar lewensverlies ervaar het, want het ons nie al genoeg daarvan gesien en beleef nie? Dit ruk jou aan die hart en jy kan maar net bid, hoop en glo dat iewers ’n werkbare oplossing, wat vrede insluit. sal opduik.

Hierdie einste oorlog spaar ons hier op eie bodem nie ’n bietjie genade vir die swaarkry wat ons alreeds beleef nie. Dit is maar nou eenmaal so, want kyk maar net na die petrolpryse wat die hoogte in skiet. Voeg daarby ons broodnodige middele om die monde gevoed te hou. Gaan lees maar net die grappies wat op sosiale media oor byvoorbeeld kookolie die ronde doen. Ek’t ’n paar dae gelede een gelees oor iemand wat sy kookolie vir ’n aardige bedrag wou verkoop. Dankie tog dat ons Suid-Afrikaners midde-in die moeilikste omstandighede nog ons sin vir humor behou! Daarsonder sal ons soveel armer wees.

Toe kom die vloedskade by ons lyding. En, soos soveel kere voorheen staan ons as landsburgers maar saam om te help waar ons kan – dié keer met ’n ander noodkreet, en dit is dat ons hulp en noodleniging wel die mense sal bereik wat dit broodnodig het. Dis dieselfde noodkreet wat al harder begin hoor word oral in ons mooi land. Ons is moeg van bedrog en korrupsie. Ons is siek en sat vir gewetenlose en skandelike gedrag van hulle wat net hul eie koffers wil vul ten koste van dié wat swaarkry. Die vloedskade kom ná ’n versengende droogte, wat dele van ons land byna verlam het. Ook daar het Suid-Afrikaners gewys ons kan saamstaan en mekaar help.

Die een groot kopseer wat almal van ons tot nou nog nie kon vryspring nie, is die kragvoorsiener wat ons tydig en ontydig kragteloos laat.

Nee kyk, as ’n wêreldwye eretoekenning vir die land met die meeste uithouvermoë en geduld uitgegee moet word, sal dit sekerlik ons eie mooi Suid-Afrika wees. Daai toekenning sal egter aan ons gewone landsburgers gegee moet word, en nie aan hulle wat bydra tot die swaarkry en lyding van hul mede-landsburgers nie.

Die vraag op die meeste van ons se lippe is hoe lank dit sal neem voordat iets soos beurtkrag iets van die verlede sal wees en ons land weer ’n aanloklike bestemming vir investering en veral die toerismebedryf sal wees?

Net weer vir die rekord wil ek dit duidelik maak dat ek my vryheid van spraak gebruik om my misnoeë uit te spreek teen die vlaag van somtydse onbeholpenheid wat in ons regering van die dag te bespeur is. Dit maak my egter nie blind vir die mooi en goeie dinge wat wel bestaan nie – en daar is oorgenoeg daarvan in ons land: Die saamstaan, patriotisme en vasberadenheid van die oorgrote meerderheid landsburgers om toe te sien dat ons land wel met reg ’n toonaangewende reënboognasie kan wees.

Gepraat van vryheid – dis darem die een ding wat ons op sekere vlakke gewaarborg word. Hoeveel van hierdie vryheid vir sekere groeperinge in ons samelewing gereserveer word, klink deesdae al meer na ’n ope vraag.

As daar een iets is wat ek geleer het, dan is dit dat vryheid sonder verantwoordelikheid absoluut niks beteken nie.

besig om te laai... Regstreeks
Ulster 0
Sharks 0
besig om te laai... Regstreeks
Benetton 31
Cardiff Rugby 14
Rand - Dollar
15.91
-0.2%
Rand - Pond
19.84
-0.2%
Rand - Euro
16.78
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,843.07
+0.0%
Silwer
21.71
-0.9%
Palladium
1,966.00
-2.1%
Platinum
952.50
-1.5%
Brent-ruolie
112.04
+2.6%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.7%
Industriële 25
72,948
-3.8%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos