.

Jy sal nie bloutjie loop met dié boek

akkreditasie

Die bekende oud-Paarlse joernalis, skrywer en wynbedryf-bemarker, Emile Joubert, pronk met sy derde kortverhaal­bundel wat pas op die rakke verskyn het.

Benewens ’n joernalis is Joubert ook ’n wynfoendi, wêreld­reisiger, lewensgenieter en vryskutskrywer en elkeen van dié belangstellings vind op die een of ander wyse neerslag in sy derde kortverhaalbundel, So byna blou.

Die deurlopende tema in hierdie tien verhale is afstand tussen mense en die onvermoë om werklik kontak met ander te maak. Meeste van die karakters is welgestelde wêreldburgers wat reis, professionele mense, skrywers, uitgewers, joernaliste, fotograwe, elkeen in problematiese verhouding met sy of haar medemens. Daar is verwysings na talle noodlottige liefdesverhoudings, affairs, vreemdelinge wat mekaar in ’n hotel ontmoet, etes in duur restaurante, bloedskande, die Seepunt-promenade, Kaapstad, Parys, vergiftiging op ’n portplaas in Portugal en die wraak van ’n geliefde se dood. Elke karakter is in wese ’n geïsoleerde figuur wat ’n waterskeidingsoomblik beleef waarin sy of haar lewe onvermydelik verander.

In “Korreltjie dagbreek” reis ’n Suid-Afrikaanse joernalis byvoorbeeld na Portugal om ’n artikel oor die wyne van die Douro-vallei te skryf en kry op die koop toe die geleentheid om sy indrukwekkende wynkennis op intieme wyse met ’n aanvallige landgenoot te deel. (’n Mens sal nie sommer weer ’n glasie port wegslaan sonder om aan dié skunnige verhaal, of die skrikwekkende afloop daarvan, te dink nie.)

In “Die beitel” maak die leser ’n 15de eeuse ontdekkingsreis saam met ’n groep hardebaard-seevaarders om die suidpunt van Afrika mee. Wanneer een van die mans, ene Jorges, deur sy landgenote in die onherbergsame binneland agtergelaat word, word hy deel van ’n verhaal wat nêrens in geskiedenishandboeke opgeteken is nie. En dan is daar ook “Rou”, wat in ’n deftige restaurant in Parys afspeel, en “Skilferkors”, wat die leser se smaakkliere aanvanklik prikkel, maar uiteindelik nogal ’n vrank smaak in die mond laat.

Lesers wat van hul fiksie streng binne die grense van waarskynlikheid hou, se geduld mag dalk hier en daar beproef word, maar van voorspelbaarheid of verveling kan ’n mens die bundel gewis nie beskuldig nie.

Joubert het ’n voorliefde vir verrassende verhaalslotte wat sy lesers onkant betrap.

So byna blou word deur Graffiti-boeke uitgegee en is by alle goeie boekwinkels te koop of aanlyn beskikbaar.

besig om te laai... Regstreeks
Australia 0
Sri Lanka 75/1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.09
-0.1%
Rand - Pond
20.77
-0.5%
Rand - Euro
17.52
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.34
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,801.50
+0.3%
Silwer
24.14
+0.4%
Palladium
2,006.00
+1.7%
Platinum
1,027.71
+1.1%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
61,314
+0.4%
Alle aandele
67,980
+0.5%
Hulpbronne 10
64,164
+0.7%
Industriële 25
87,663
+0.5%
Finansiële 15
13,997
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos