.

Nuwe CD vir talentvolle plaaslike musikant

akkreditasie

Die plaaslike musikant, Riaan Nieuwenhuis, het onlangs sy nuwe album Collaborator vrygestel.

Nieuwenhuis wat reeds 17 jaar voltyds op sy musiekloopbaan fokus, beskryf dié album as “band-driven rock instrumental”.

Collaborator is Nieuwenhuis se derde ateljee-album waarvan die voorgangers die albums Instigator en Mediatoris.

“In teenstelling met die vorige albums, waar ek eers alles volledig klaar geskryf het, het ons met Collaborator die aanvanklike tracks eers baie gespeel nadat ek dit rofweg geskryf het. Dit het dan ’n platform gebied vir insette deur die ander ouens (ander betrokke musikante).”

Hy vertel dat hy gemik het vir ’n rou en swaar klank, met meer uitgebreide komposisies as met die albumInstigator.

Wat dié album ook sterk aan die Paarl koppel, is die klank van die tromme wat opgeneem is in die Ou Meul-teater met die houtvloer-verhoog “om ’n groot en vol tromgeluid te kry”.

“Dis iets wat ek nog nie vantevore probeer het nie. Ek glo dit het die gewenste uitwerking gehad.”

Nieuwenhuis vertel dat hy reeds vanaf sesjarige ouderdom die klavier en orrel bespeel. Op agt het hy ook kitaar begin speel.

Hy het later ook tromme begin speel en vandag kan hy nie net bogenoemde instrumente speel nie, maar hy komponeer ook musiek.

Hy is ook bekend vir sy betrokkenheid by die bands Delta Blue, AGES, AMAfist, Piet Potent, Basson Laubscher, The Parlor Vinyls en tans Nico Erwee.

Hy was ook betrokke by baie ander groepe se albumopnames en het verskeie solotracks vrygestel.

Nieuwenhuis wat die afgelope agt jaar in die Paarl woon, waar albei sy kinders gebore is, vertel hy hou die meeste van die mooi berge in die Paarl sowel as die vriendelike mense.

  • Twee gelukkige lesers kan elk Nieuwenhuis se nuwe album wen deur die naam van die album te SMS na 37405 voor Maandag 28 Maart.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 0
West Indies 143/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.72
+0.0%
Rand - Pond
20.27
-0.4%
Rand - Euro
17.07
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.04
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,803.68
-0.2%
Silwer
24.39
-0.7%
Palladium
2,040.50
-1.0%
Platinum
1,054.82
-0.8%
Brent-ruolie
85.99
+0.5%
Top-40
60,888
+1.0%
Alle aandele
67,436
+1.0%
Hulpbronne 10
63,809
+0.6%
Industriële 25
86,606
+1.4%
Finansiële 15
13,973
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos