.

Carel du Toit bied aan dowes ’n tweede kans

akkreditasie

Net een besoek aan die Carel du Toit-sentrum is genoeg om jou die klein goedjies in die lewe te laat waardeer.

Daar ontvang ouers soms die slegte nuus dat hul kinders gedeeltelik of totaal doof is, en ook goeie nuus – dat hul kinders gehelp kan word, onderrig kan ontvang en uitstekend vorder op akademiese en sportvlak.

Die sentrum is, soos die skool se leuse dit uiteensit, “waar dowe kinders leer praat”.

Die sentrum is by die Tygerberg-hospitaal in Parow geleë en het tans 120 leerders vanaf graad R tot 3. Om seker te maak dat hulle die beste onderrig ontvang, is daar ’n multidissiplinêre span opvoeders, maatskaplike werkers, oudioloë en arbeidsterapeute.

Die sentrum is in 1973 gestig deur prof. Carel du Toit. Adri Hodgson, huidige hoof, werk al 28 jaar by die skool.

“Sedert die skool gestig is, is daar net een kriteria, dat jy ’n gehoorverlies het, ongeag jou ras, geloof of sosio-ekonomiese omstandighede. Niks hiervan het saak gemaak nie. As jy ’n gehoorverlies het, was dít die plek vir jou,” verduidelik Hodgson, wat dowe-onderwys by die Universiteit Stellenbosch studeer het.

Die sentrum bedien kinders wat doof is, sowel as kinders met ’n gehoorverlies.

Die skool glo in vroeë intervensie, sê Hodgson.

“As jy ’n kind na twee en ’n half jaar hierheen bring, is dit byna te laat. Dan het die kind ’n ander program nodig, soos ’n gebaretaal-program. Tot en met twee en ’n half jaar het jou visuele brein alles gedoen. So die ouditiewe brein het nooit gegroei nie. Dan het jy in alle waarskynlikheid ’n visuele-program nodig, tensy jy nog ’n bietjie gehoor gehad het,” sê sy.

Hodgson sê ouers moet hul kinders se gehoor op die dag van hul geboorte laat toets.

“Dan word jy gou by die sentrum ingepas.”

Een uit 17 babas word daagliks met ’n gehoorverlies gebore. “Baie van hulle word nie aangeteken nie. Dis gewoonlik dié wat in staatshospitale gebore word, waar daar nie sulke toetse gedoen word nie.”

Teen een- tot twee-jarige leeftyd begin ouers egter te wonder waarom hul kind nog nie spraak ontwikkel het nie.

“Die agterstand kan egter nie maklik ingehaal word nie,” sê Hodgson.

Ná babas gediagnoseer is, begin die tweede deel van behandeling – die toepassing van die korrekte gehoortegnologie. “Jy moet die regte apparaat vir die regte tipe verlies hê.”

Dit sluit in die oorvlak-apparaat agter die oor, tot ’n kogliêre inplanting vir leerders met erge gehoorverlies. “Maar dan kry ons ook die Bone Anchored Hearing Aid, oftewel Baha-apparaat, vir die leerders wat gebore is sonder ore of met klein ore,” verduidelik Hodgson. Sy sê die laaste deel is die ouers se samewerking.

Die sentrum beskik oor die Children Hearing and Talking Centre, oftewel die Chat-sentrum, waar ouers opgelei word in hoe om met hul dowe kinders te werk.

Die sentrum, met 21 klasse en 77 personeellede, bedien die hele Sub-Sahara-Afrika streek, insluitende lande soos Namibië, Botswana, Malawi en Mauritius.

“Ons bied die enigste program in Afrika wat ’n vroeëintervensie-program volg.”

Die sentrum volg die Caps-kurrikulum en bied ook ’n reeks sportkodes aan. Die skool gaan ook op gereelde klasuitstappies.

besig om te laai... Regstreeks
Singhbhum Strikers 0
Ranchi Raiders 0
besig om te laai... Regstreeks
Dhanbad Dynamos 156/3
Bokaro Blasters 158/1
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 67/0
Bangladesh 234/10
besig om te laai... Regstreeks
England 264/6
New Zealand 329/10
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.39
+0.0%
Rand - Euro
16.68
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.97
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos