.

Hoop vir plaaslike organisasies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is Sunel Beeselaar, kapt. Erica Crous, Adri Klindt, stiger van Huis Jabes, Anemi Marais, bestuurslid van Huis Jabes en konst. Charlene Petersen van Brackenfell-polisiekantoor. FOTO: Desirée Rorke
Van links is Sunel Beeselaar, kapt. Erica Crous, Adri Klindt, stiger van Huis Jabes, Anemi Marais, bestuurslid van Huis Jabes en konst. Charlene Petersen van Brackenfell-polisiekantoor. FOTO: Desirée Rorke

Drie liefdadigheidsinstellings in die noordelike voorstede van Kaapstad het verlede week ’n finansiële hupstoot gekry danksy die ondersteuning van Hoop, Bok Radio se gemeenskapsprojek.

Huis Jabes vir mishandelde vroue, die Animal Anti Cruelty League (AACL) en die Alta du Toit-sentrum het ’n donasie van R15 000 elk van Hoop ontvang.

Die oorhandiging het Donderdagoggend by ’n geleentheid by Hoop se kantoor in Okavango Park plaasgevind.

Madelein Myburgh van AACL met Whisper, een van die honde wat tans aangeneem kan word.
Van links is Sunel Beeselaar, kapt. Erica Crous, Adri Klindt, stiger van Huis Jabes, Anemi Marais, bestuurslid van Huis Jabes en konst. Charlene Petersen van Brackenfell-polisiekantoor. FOTO: Desirée Rorke

Wilinda Ford, projekbestuurder by Hoop, sê dié organisasie kan danksy die ondersteuning wat hulle van Bok Radio se luisteraars kry die noodsaaklike hulpverskaffing bied.

“As gevolg van Covid het die organisasies lank swaar getrek. Hulle het nie baie donasies ontvang nie en kon ook nie geldinsamelingsprojekte aanpak nie. Ons is geseënd en wil daarom seëninge uitdeel. Ons gee met ’n oop hand en hoe meer ons ontvang, hoe meer wil ons ook gee,” het sy gesê.

Ford het die organisasies bedank vir die noodsaaklike en uitstaande werk wat hulle in die gemeenskappe doen en ook die Bok Radio-luisteraars vir hul bydrae.

Sunel Beeselaar, voorsitter van die Tygerberg Sakekamer, het Alta du Toit-sentrum in Bellville geprys vir hul werk met intellektueel gestremdes.

“Ons hoop dat die donasie die emmer sal help vul,” het sy gesê.

Kapt. Erica Crous van die Brackenfell-polisie wat die tjek aan Huis Jabes oorhandig het, sê die tehuis sal ook die begunstigde wees van die polisiekantoor se

veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders wat op 25 November begin.

“Misdade teen vroue en kinders bly ’n wesenlike probleem in die land en Brackenfell is geen uitsondering nie. Ons het al baie gevalle gehad waar ’n ma en kind inderhaas beveilig moes word, waar Huis Jabes kon help. Dié instansie maak ’n baie groot verskil in Brackenfell, sê Crous.

Versamelingspunte vir nie-bederfbare voedsel is by die Vredekloof, Old Oak, Hasendal en Protea Village Spar-winkels, sowel as by die Brackenfell- polisiekantoor opgerig om kos vir Huis Jabes in te samel.

  • Kontak Wilinda Ford by hoop@bokradio.co.za vir meer inligting en Erica Crous by 082 499 4437.
besig om te laai... Regstreeks
Stormers 12
Lions 20
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Wolverhampton Wanderers 0
Liverpool 0
besig om te laai... Regstreeks
Southampton 1
Brighton and Hove Albion 0
besig om te laai... Regstreeks
Newcastle United 1
Burnley 0
besig om te laai... Regstreeks
Ospreys 16
Ulster 13
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos