
Op Valentynsdag 14 Februarie, die dag van liefde, is Lorraine Swart se geliefkoosde stoele van haar stoep af gesteel.
Volgens Swart moes die diefstal tussen 02:00 en 04:00 plaasgevind het.
Die verdagte is bekend aan Swart en word “Tikkop” genoem.
“Sy maat het die middag op 14 Februarie vir my kom sê dat hy hom gehelp het om die stoele van my stoep af te steel,” sê Swart.
Die vriend van die verdagte het aan haar gesê het as sy vir hom R100 gee, sal hy vir haar sê waar die stoele is.
Swart sê sy het die polisie en Goodwood Armed Patrols gebel.
“Hulle sê ek moes dit gesien gebeur het, nou loop die skelm elke dag by my huis verby en maak aanmerkings dat hy weer goed gaan kom vat,” sê Swart.
Volgens haar het die verdagte by haar hek ingekom, iets in die slot gesteek en die hek het oopgegaan.
“Waarsku die, gemeenskap want hy kom weg met alles;, hy breek by baie mense in,” sê Swart.