.

Struikelblokke laat slim Lyle nóg harder werk

akkreditasie

DIE Oos-Kaap se voormalige top matrikulant van 2014 en oudleerling van Muir College op Uitenhage, Lyle Ressouw, het verlede jaar sy studies aan Universiteit Stellenbosch voltooi en vanjaar as intermediêre aktuariële spesialis begin werk.

“Ek was geseënd met ’n beurs van Old Mutual in matriek en kon my droom nastreef. Dit is te danke aan dié ondersteuning en leiding van die Old Mutual-beursprogramspan dat ek die laaste hoofstuk van my universiteitsreis trots en suksesvol kon sluit,” sê Ressouw wat die begin van die jaar by die Old Mutual-familie se Pinelands-kantore in Kaapstad begin werk het.

“My 2014 matriekjaarreis dien as ’n herinnering aan hoogte- en laagtepunte in my lewe.

“Dit was juis my vermoë om te floreer in die teenwoordigheid van struikelblokke wat bygedra het om die toekennings as Matriek van die Jaar en top akademiese presteerder op nasionale vlak te ontvang.

“Dié herinneringe help my om toekomstige struikelblokke in my lewe, selfs dié wat onmoontlik lyk om te oorkom, te sien as ge-leenthede om te leer en groei in die beste weergawe van myself.”

Lyle sê as hy advies aan huidige matrieks kan gee sal dit wees om “opofferings te maak en elke dag te leef met ’n oop hart en ’n oop verstand.

“Jy sal vind dat jy gereeld pret dinge moet los en intense vlakke van ‘FOMO’ (fear of missing out) ervaar. Maar as jy prestasies wil bewerkstelling is dit die opofferings werd.

“Waardeer die waarde van diversiteit van gedagtes. Daar kan oomblikke wees wanneer jy geloof in jouself verloor, ook oor jou vermoëns en die rigting waarin jou lewe op pad is.

“Dit is in hierdie oomblikke dat jy ’n goeie groep mense in jou hoek moet hê wat jou ondersteun wanneer jy op jou laagste is en jou voorspoed onvoorwaardelik deel wanneer jy hoogtepunte beleef.

“Dié reis is nie een wat jy alleen kan aanpak nie,” het Lyle gesê.

  • Lyle het ’n honneursgraad in B.Com Aktuariële Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch. Aan die begin van sy studies was daar 1 500 studente in dié studierigting. Net 35 van hulle het die kursus suksesvol voltooi. - VERSLAGGEWER
besig om te laai... Regstreeks
Durban Super Giants 0
Sunrisers Eastern Cape 30/2
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.3%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos