.

Borgtog van Welkom-regsman heringestel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Welkomse prokureur se borg heringestel
Welkomse prokureur se borg heringestel

Byna twee maande nadat ’n prokureur van Welkom agter tralies beland het, het ’n volbank regters in die hooggeregshof in Bloemfontein sy borgtog heringestel.

Hy is uit die Grootvlei-tronk in Bloemfontein vrygelaat nadat sy appèl voor regters Corné van Zyl, Philip Loubser en Mpina Mathebula geslaag het.

Van Zyl het Vrydag (05/11) gesê sy sal die redes later bekend maak.

Die volbank het ’n uitspraak van regter Soma Naidoo tersyde gestel en die prokureur se borgtog van R50 000 heringestel.

Naidoo het hom vroeër in die hooggeregshof op 16 aanklagte van onder meer die verkragting van sy twee stiefdogters en hul niggie skuldig bevind, waarna die regter sy borgtog op 15 September vanjaar hangende sy vonnisoplegging teruggetrek het.

Adv. Danie Joubert SC het namens die prokureur betoog dat geen hof borgtog kan terugtrek sonder dat ’n ondersoek gedoen is nie of hy nie aan sy borgtogvoorwaardes voldoen het nie.

Hy het betoog die hof het duidelik gefouteer toe beslis is dat die borgtog teruggetrek word.

Adv. Amanda Bester, namens die staat, het betoog dit gaan nie oor die nakoming van borgtogvoorwaardes nie, maar dat borgtog ná skuldigbevinding ingetrek word.

Die prokureur het in Mei vanjaar op die 16 aanklagte skuld beken. Hy moet weer einde vandeesmaand in die hof verskyn.

Hy het betoog die hof het duidelik gefouteer toe beslis is dat die borgtog teruggetrek word.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos