.

Aangepaste tariewe goeie nuus vir inwoners van Matjhabeng

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is Johan Terblanche (AfriForum Welkom), pastoor Eddie O’Neill (Kerke in Aksie), Marius Kemp (voorsitter van die Matjhabeng-gemeenskapsforum), Max Makamu (senior bestuurder van finansies), Zingisa Tindleni (munisipale bestuurder van Matjhabeng), Karin Preller, Thanduxolo Khalipha, Petar Males, Jakes Jooste (voorsitter van die Welkom-besigheidsforum), Ben Regal en Alan Goetch (Matjhabeng-belastingbetalersvereniging)

Matjhabeng se buitensporige eiendomsbelasting gaan aangepas word, en belastingbetalers sal terugbetaal word.

Dié ooreenkoms is bereik ten tyde van ’n historiese vergadering waarop ’n skikkingsakte onderteken is wat die nuwe tariewe bepaal.

Verbruikers wat meer as die ooreengekome tariewe gehef is, sal krediet ontvang nadat die aanpassingsbegroting in Januarie 2022 goedgekeur word.

Parlementslid Thanduxolo Khalipha en die leierskap van die Matjhabeng-munisipaliteit het Vrydag (12/11) met verteenwoordigers van die Matjhabeng-gemeenskapsforum, die Welkom-besigheidsforum, Kerke in Aksie, AfriForum Welkom en die Matjhabeng-belastingbetalersvereniging vergader.

Die ooreenkoms om tariewe en belasting aan te pas kom ná geskille teen die munisipaliteit se nuwe evalueringsrol aanhangig gemaak is.Khalipha het die vergadering verwelkom as ’n eerste stap om verandering in Matjhabeng te bring.

“Daar gaan ’n vennootskap met die sakesektor en die gemeenskap wees om die munisipaliteit vorentoe te neem,”

“Daar gaan ’n vennootskap met die sakesektor en die gemeenskap wees om die munisipaliteit vorentoe te neem,” het hy gesê.“Wat in Matjhabeng ontbreek het, is etiese en eerbare leierskap. Ons sal nie meer toelaat dat swak dienslewering, korrupsie en boewery regeer nie.”

“Ons, die sakelui en inwoners, sal die leierskap verantwoordbaar hou. Ons het baie sakelui in Matjhabeng verloor en ons kan nie bekostig om meer te verloor nie,”

Jakes Jooste, voorsitter van die Welkom-besigheidsforum, het gesê hulle is tevrede met die veld wat gewen is ná maande se lang onderhandelinge, wat op die vergadering uitgeloop het.“Ons, die sakelui en inwoners, sal die leierskap verantwoordbaar hou. Ons het baie sakelui in Matjhabeng verloor en ons kan nie bekostig om meer te verloor nie,” het hy gesê.

“Die politici en leierskap moet weet dat die speel van speletjies met mense se lewe verby is. Ons sal diegene wat verantwoordelik is vir die misbruik van openbare geld in hul persoonlike hoedanigheid vervolg.”

Marius Kemp, voorsitter van die Matjhabeng-gemeenskapsforum, het gesê die forum het ’n sterk standpunt teen korrupsie in die munisipaliteit ingeneem.“Die politici en leierskap moet weet dat die speel van speletjies met mense se lewe verby is. Ons sal diegene wat verantwoordelik is vir die misbruik van openbare geld in hul persoonlike hoedanigheid vervolg.”

Die leier van Kerke in Aksie, pastoor Eddie O’Neill, het beklemtoon dat alle betrokkenes weer vertroue moet bou.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos