.

Sportliefde vorm leefwyse

akkreditasie
Amanda Labuschagne (41) ten tyde van haar deelname aan die 2 000 m-hindernisnommer, waarvoor sy goud ontvang het.Foto: Verskaf
Amanda Labuschagne (41) ten tyde van haar deelname aan die 2 000 m-hindernisnommer, waarvoor sy goud ontvang het.Foto: Verskaf

“Dit was heerlik om weer aan ’n atletiekbyeenkoms deel te neem en interaksie met al die ander atlete te hê – ons voel soos een groot familie.”

Só meen Amanda Labuschagne, ’n 41-jarige atleet van Kroonstad.

Sy het die laaste naweek in Oktober aan die Vrystaatse meestersatletiek­byeenkoms deelgeneem. Dit is in die Vrystaat-atletiek­stadion in Bloemfontein aangebied.

Labuschagne, wat haar Vrystaatkleure in hoogspring verwerf het, neem aan veld- en baannommers deel. Op dié byeenkoms het sy haar slag in hoogspring, 2 000 m-hindernis en 3 000 m-hindernis gewys, asook in die 1 500 m- en 5 000 m-wedloop.

Sy het ’n goue medalje vir hoogspring, die 2 000 m-hindernis, die 1 500 m en die 5 000 m ontvang.

Volgens Labuschagne, ’n lid van die Kroonstad-multisport­klub, kry sy steeds voor elke byeenkoms vlinders in haar maag.

“Ek beoefen atletiek van jongs af en het ’n groot liefde vir die sportsoort,” vertel sy.

Sy noem hier haar ouers as ’n groot bron van onder­steuning en motivering.

Labuschagne sê sy is dankbaar vir haar godgegewe talente en voel bevoorreg om nog aan sport te kan deelneem.

“Dit kos egter baie selfdissipline en motivering om pligsgetrou op my eie te oefen, omdat ek nie ’n afrigter het nie.”

Weens die staking van byeenkomste met die uitbreek van die Covid-19-pandemie het sy ook aan 25 km-padwedlope begin deelneem.

Labuschagne is ’n versorger aan die Beth-Hesen-tehuis vir bejaardes in Kroonstad.

“Ná ’n lang en uitdagende dag trek ek graag my tekkies aan – dit is immers my ontspanning.

“Oefen verfris jou siel en gees.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos