
Huis Edelkroon in Kroonstad hou sedert 1980 vir bejaardes, wat dié nuwe fase van hul lewe betree, ’n opwindende avontuur in.
Die afgelope 33 jaar al bied die tehuis veilige verblyf, versorging, drie gebalanseerde en smaaklike maaltye per dag, asook godsdienstige en sosiale aktiwiteite.
Die bekostigbare gehalteverblyf neem die vorm van verskeie opsies aan, wat enkel- en deelkamers, selfsorgeenhede en ’n gespesialiseerde sorgeenheid vir verswakte bejaardes insluit.
Benewens die drie etes per dag dek die maandelikse verblyfkoste oggendtee en -koffie, skoonmaakdienste, ’n wasgoeddiens, 24-uur-gesondheidsorg en water en elektrisiteit.
’n Sosiale hoogtepunt by die tehuis is die weeklikse bingo-aande, wat ? groot gunsteling by die inwoners is.
Vingerbord, Rummikub en ander speletjies, asook die kombuisorkes met interessante instrumente, verseker ’n wye verskeidenheid vermaak.
Daar word ook vir inwoners ’n biduur, sang- en kerkdienste gehou, en saamkuiergeleenthede soos ’n vleisbraai-geselligheid, basaar en optredes deur gaskunstenaars word gereeld aangebied.
Huis Edelkroon ontvang ondersteuning van die plaaslike gemeenskap, kerke en diensorganisasies en het ook gereeld vrywilligers wat na die tehuis uitreik.
Om navrae oor die tehuis se bedrywighede of verblyf te rig, bel Alet Botha, bestuurder, by 056-492-0013, of stuur ’n e-pos na manager@krdbej.co.za.