.

Betogers wat verniel en breek kry boetes, tronkstraf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Nege mense wat aan die St. Helenabaai-oproer van 2020 deelgeneem het, is verlede Dinsdag in die Vredenburg-landdroshof vir kwaadwillige saakbeskadiging tronkstraf en boetes opgelê.

Die openbare geweld en vandalisme waaraan dié nege betogers hulself skuldig gemaak het, het in Julie, September en Oktober verlede jaar plaasgevind.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het AO Pieter van der Merwe se deeglike ondersoekwerk Dinsdag 7 September tot die suksesvolle vonnisoplegging in die saak gelei.

Die skuldiges is ’n boete, of ’n paar maande gevangenisstraf, opgelê.

Die gevangenisstraf is in geheel opgeskort op voorwaarde dat die skuldiges nie weer skuldig bevind word op enige aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging nie.

Openbare geweld kan gedefinieer word as die onwettige en opsetlike optrede van ’n aantal mense wat ernstige afmetings aanneem en wat met die motief van geweld openbare vrede versteur of die regte van ander skend.

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 4/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 14/1
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.2%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.76
+0.5%
Silwer
23.90
+1.1%
Palladium
2,106.00
-0.2%
Platinum
1,046.73
+0.4%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,158
-0.5%
Alle aandele
66,727
-0.5%
Hulpbronne 10
62,801
-1.7%
Industriële 25
85,132
+0.2%
Finansiële 15
14,131
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos