.
Deel

Help chirurg só vir staatspasiënte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Stewart Mears
Dr. Stewart Mears

“Die chirurgiese instrumente is baie duur.”

Só sê ’n Kaapse ortopediese chirurg, wat staatspasiënte in Vredenburg opereer sodat hulle nie daarvoor na Kaapstad hoef te reis nie.

Hy reik nou uit na die plaaslike sakesektor vir hulp met finansiering.

Dr. Stewart Mears, wat by die New Somerset-hospitaal in Kaapstad werk, bedryf al 11 jaar klinieke in Vredenburg sodat pasiënte nie vir behandeling na Kaapstad hoef te reis nie.

Hy het ’n nuwe inisiatief in 2019 begin, wat dit vir plaaslike staatspasiënte moontlik gemaak het om heup- en knievervangingsoperasies by die Vredenburg- provinsiale hospitaal te kry, wat nie voorheen hier gedoen is nie.

“Dit het daartoe gelei dat ons meer mense van die omgewing kan behandel en beteken hulle kan mediese sorg nader aan die huis kry,” het Mears destyds verduidelik.

“Ons hoop om die diens tot ’n groter verskeidenheid operasies uit te brei.”

Om hierdie soort operasies plaaslik te kan doen, is vrywillige narkotiseurs uit die private sektor nodig.

“Die prostesemaatskappy skenk die helfte van die prostetiese gewrigte. Ons steun swaar op die New Somerset-hospitaal vir basiese chirurgiese voorraad. Die Vredenburg-hospitaal het ook nie die chirurgiese instrumente wat ons nodig het nie, en ons moet dit elke keer leen.

“Dit sal ’n groot verskil maak as ons ons eie instrumente het, aangesien dit gewoonlik die grootste uitdaging op die dag van die operasie is,” sê Mears.

“Ek het probeer om nuwe instrumente deur die gewone kanale te kry, maar was tot dusver onsuksesvol. Finansiering is ook die afgelope tyd besonder laag.”

Daarom vra Mears plaaslike sakelui om hierdie verdienstelike saak te steun.

“Dis volgens my ’n goeie manier om in die gemeenskap terug te ploeg. Ek doen dus ’n beroep op die sakesektor om my in hierdie verband te help. Hoeveel jy ook al kan gee – dit sal waardeer word en jy sal erkenning ontvang.”

Mears sê ook sertifikate kan uitgereik word om sakelui in staat te stel om belasting op hul skenking terug te eis. . Vir meer inligting stuur gerus ’n e-pos-boodskap aan sgsmears@gmail.com of skakel hom direk by 082 550 5511.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
+1.1%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos