.

Kaalvoetklong terug

akkreditasie
bergrivier munisipaliteit
bergrivier munisipaliteit

“As ek vandag dié baadjie uittrek, gaan ek terug as die kaalvoetklong om die gemeenskap te dien.”

Dít was die woorde van die raadsheer Ray van Rooy in sy inhuldigingstoespraak nadat hy onbestrede verkies is om die Bergrivier-munisipaliteit vir ’n tweede termyn as uitvoerende burgemeester te dien.

Die nuwe raad is Donderdag 11 November in die NG Kerk Piketberg se saal ingehuldig.

Die nuutverkose Speaker is Randall Swarts, voorheen Speaker van die Weskus-distrikmunisipali­teit (WKDM), wat Adriaan de Vries opvolg. Die nuwe uitvoerende onderburgemeester is Mario Wessels, wat by Sandra Crafford oorneem.

Van Rooy het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die raad en die gemeenskap wat hom met nog ’n termyn vertrou en het die raad aangemoedig om almal te dien.

“Ons is fakkeldraers in die gemeenskap. Kom ons doen dit met oorgawe en trots.”

Volgens Van Rooy sal hulle werk om probleme wat reeds geïdentifiseer is, beter die hoof te bied, soos toegegroeide parkies en velde, slaggate en swak terugvoer op skrywes.

Hy het egter gesê in die stryd om probleme op te los, sal die gemeenskap ook sy kant moet bring. Hy het hiermee verwys na rommelstrooi, kabeldiefstal en vandalisering van munisipale geriewe asook die oprigting van onwettige strukture. Probleme soos maatskaplike euwels, gesinsgeweld en tienerswangerskappe sal ook aandag geniet.

Van Rooy het gesê die huidige bestuursplan sal hersien word en fokus sal op die verkryging van grond vir behuisingsontwikkeling, hulp aan klein sakeondernemings (SMME’s), jeugontwikkeling, gratis WiFi by munisipale geriewe, groter steun vir sopkombuise en hoflike diens deur amptenare geplaas word.

Hy het gesê die uitvoerende burgemeesterskomitee (UBK) hou binnekort ’n strategiese sessie en sal “terugkom met ’n vyfjaarplan”.

Hy het gesê die gemeenskap het die reg om die verkose raadslede op hul tone te hou. “Die munisipaliteit funksioneer op ’n drie-been-pot-vennootskap tussen die raad, administrasie en gemeenskap. U het my nie nodig nie – ons het mekaar nodig.”

Die nuwe Bergrivier-raad bestaan uit 13 raadslede, van wie sewe as wyksraadslede gekies is en ses uit proporsionele verteenwoordiging. Die DA beklee agt setels in die raad, die ANC drie en die Patriotic Alliance (PA) en GOOD elk een.

Adv. Hanlie Linde, die munisipale bestuurder, het in haar verwelkomingstoespraak gesê slegs drie nuwe raadslede sluit hulle by die verkose raad aan. “Dit is lekker om mense met ondervinding terug te kry. Dit spreek van die goeie leierskap.”

Die uitvoerende burgemeestersko­mitee, wat bestaan uit 20% van die raad, behels rdl. Jakobus Daniels (finansies en ekonomiese ontwikkeling), Adriaan de Vries (tegniese dienste) en Mario Wessels (gemeenskaps­dienste), terwyl ’n voorstel by die volgende raadsitting ingedien sal word om rdl. Adam du Plooy vir die portefeulje vir korporatiewe dienste te verkies.

Die verkiesing van verteenwoordigers op die WKDM se raad het ook by die inhuldigingseremonie plaasgevind.

Uit die 13 stembriewe is agt stemme aan die DA toegeken, wat hom een setel in die raad besorg het. Die tweede setel is aan die ANC, met vier stemme, toegeken.

Die DA se Audrey Small en ANC se Immanuel Adams sal dus die Bergrivier in op WKDM se munisipale raad verteenwoordig.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Watford 0
Manchester City 1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos