.

Kykie na Weskus se mense

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

As jy aan die Weskus dink, dink jy aan skouspelagtige blomme, idilliese strande en prentjiemooi staproetes.

Weskusbewoners het Donderdag 21 Oktober sy verskyning op televisie gemaak en bied kykers ’n kykie na die lewe van mense wat aan die Weskus bly en vertel hoekom dié streek so spesiaal vir hulle is.

Die reeks het in Sanddrif, 20 km van Kuboes, begin waar kykers Chalwyn Thomas ontmoet. Dié 44-jarige onderwyser van Sanddrif is op die Babillion-plaas gebore waar kos vir die diamantmynwerkers in die omgewing voorsien word. Thomas is passievol oor die Nama-kultuur en vertel wat Kuboes so spesiaal maak.

In die tweede episode het Deon Venter en Madeleine Baumgarten verskyn. Venter het na Hondeklipbaai verhuis nadat hy uit die tronk vrygelaat is en het Baumgarten op Facebook ontmoet. Dié twee wys hul kunswerke en vertel hoe hulle saam ’n lewe maak.

Die program vertel ook oor Nevaugh en Bushrah wat die stadslewe vir ’n plekkie in Piketberg verruil het. Dié paartjie wil mense meer leer oor organiese boerdery en hoe om ’n verbintenis met die natuur te vind.

Die kameras maak ook ’n draai in Kammieskroon, Lambertsbaai, Clanwilliam, Steenberg’s Cove, Velddrif, Paternoster, Vredenburg, Saldanha, Langebaan en Hopefield.

Ian Martin, vervaardiger van die program, sê Weskusbewoners is ’n persoonlike reis deur die hart van een van Suid-Afrika se laaste oorblywende wildernisse.

“Die mense van die Weskus vertel die storie van ’n ryk, diverse en ongewone magiese plek.”. Skakel elke Donderdag om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, in vir ’n reis saam met asemrowende Weskusbewoners.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Stellenbosch FC 0
Mamelodi Sundowns 0
besig om te laai... Regstreeks
Watford 0
Manchester City 1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos