.

Polisieduik ‘is ons passie’

akkreditasie
Die Boland-polisieduikeenheid se bevelvoerder, Philip Strumpher, en sy span red twee kinders.
Die Boland-polisieduikeenheid se bevelvoerder, Philip Strumpher, en sy span red twee kinders.

“’n Mens weet nooit wat die volgende toneel vir jou inhou nie,” so vertel Philip Strumpher, bevelvoerder van die Boland Duikeenheid. Die werk as ’n polisie duiker is nie jou alledaagse gewone kantoor werk nie. Dit verg deursettingsvermoë, geestelike sterkheid en dat jy ook fisies sterk moet wees.

Om deel te wees van die duikeenheid is ’n sekondêr funksie in die polisie. Die eenheid bestaan uit verskeie lede oor die hele Boland area.

Strumpher is vir die afgelope 26 jaar betrokke by die duikeenheid en is sedert 2013 bevelvoerder van die Boland Polisie Duikeenheid. Strumpher verduidelik dat polisie duikers twee hooffunksies het wat hulle doen. Om bewysstukke op te spoor onder die water of om liggame onder te water te soek.

“Dit kan van ’n paar minute tot ’n paar dae neem, ’n mens weet nooit,” vertel Strumpher. Met hierdie werk sien polisie duikers die ongewone wat mense nooit elke dag sien nie. Volgens Strumpher is sy groep ’n gehegde span wat goed kommunikeer met mekaar om met die tonele wat hulle teë kom te verwerk. “Wat jy van die begin af moet weet is, jy is nie bulletproof nie. As jy ’n sielkundige moet sien moenie bang wees om dit te doen nie.

Een van Strumpher se moeilikste uitdagings was om na die liggaam van te soek vir wie hy geken het. Dit was glad nie maklik vir hom was nie.

Met al die uitdagings wat die eenheid aanvaar vertel Strumpher dat die span altyd onthou dat die Here in beheer is. “Ons glo ons word deur God beskerm, gelei en gebruik. Dit is hoe ons, ons eenheid bestuur. Ons wil ’n voorbeeld wees vir ander.”

Polisie duikers ervaar ook hoogtepunte. Strumpher vertel dat een van sy hoogtepunte was om twee kinders te red wat vasgevang was op ’n klein eiland in die rivier net buitekant Worcester.

Strumpher bieg dat die werk nie altyd maklik is nie en jy moet ’n passie hê vir hierdie beroep. Hy voeg by dat met al die werk wat hulle doen, gee hy God al die eer. Al die eer kom tot hom toe.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 196/1
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 343/7
England 147/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.72
-0.1%
Rand - Pond
20.75
-0.1%
Rand - Euro
17.80
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.27
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,785.82
+0.2%
Silwer
22.34
-0.4%
Palladium
1,852.72
-0.2%
Platinum
957.00
-0.4%
Brent-ruolie
75.82
+0.5%
Top-40
66,060
+0.1%
Alle aandele
72,484
+0.1%
Hulpbronne 10
69,041
+0.6%
Industriële 25
95,532
-0.3%
Finansiële 15
14,311
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos